SA sanger van ‘wrede aanranding’ beskuldig

Mthokozisi Ndaba (Foto: Facebook)

Die Idols-naaswenner Mthokozisi Ndaba het bevestig dat hy sy samewerking aan die polisie gegee het ná ʼn klag van aanranding teen hom aanhangig gemaak is.

ʼn Storm het die afgelope naweek om Ndaba se kop losgebars nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ʼn jong vrou “wreed aangerand” het. Foto’s van dié vrou, wat as Neo Tsele geïdentifiseer is, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Tsele het op sosiale media beweer Ndaba het haar teen ʼn muur gegooi en haar aangerand nadat sy ʼn argument met ʼn vriendin gehad het. Volgens haar inskrywing het sy Ndaba nie geken nie.

“Ek en my vriendin het ʼn argument gehad – soos vriende doen. Hy [Ndaba] het aanhou inmeng en my teen die muur vasgedruk. Ek het gesmeek dat hy ophou inmeng en ophou om dit [haar aan te rand] te doen. Hy het my bottel vodka oopgemaak, waarna ek vir hom gesê dit behoort aan my en dat hy dit nie moet drink nie.

Neo Tsele (Foto: Facebook)

“Hy het my by die woonstel uitgestoot, waarna ek myself verdedig het en teruggestoot het. Toe gooi hy my teen die muur vas en slaan my totdat ek begin bloei. My vriendin het hom probeer stop, maar dit het net erger geraak. Ek het só gebloei dat ek nie meer stabiel was nie. Ek het gebewe en besef my tand is gebreek. Hy het aangehou om my te vloek en toe het ek die polisie gebel waarna hy weggehardloop het.”

Ndaba het bevestig dat hy na Johannesburg teruggekeer het om sy samewerking aan die polisie te gee tydens die ondersoek. Hy het ook ʼn pleidooi aan aanhangers gerig om Tsele nié te kritiseer nie.

“In die lig van die bewerings teen my en die saak wat oopgemaak is, het ek na Johannesburg teruggekeer om saam met die polisie te werk in hierdie verband. Hoewel dit [die bewerings] my, my talent waarmee God my geseën het, my familie, vriende en aanhangers geraak het, moet ons die regstelsel toelaat om die saak reg te hanteer.” Ndaba het by sy aanhangers gepleit om nié die klaagster op sosiale media aan te val nie. “Ons weet nie watter kwessies sy moet verwerk nie. Asseblief, Mzansi. Kom ons hou aan om standpunt in te neem teen geweld teen vroue en kinders,” het hy geskryf.

Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Genieve ·

Nou herken hy dat hy die vrou so aangerand het?? en waarom oor n ou fototjie of videotjie sjoe jou repetasie dan daarmee heen.

Skepties ·

“erken” sonder die h : )
Erken beteken om ‘n bekentenis te maak, herken beteken dat jy iets of iemand onthou.

Vraagteken ·

Daardie foto lyk vir my so ‘n bietjie misleidend. Ek sien baie bloed wat droog is, maar nie soveel sny plekke nie, en ook nie blou merke nie.

Is dit nie dalk ‘n geval dat dit erger lyk as wat dit is nie (veral met daardie foto)?

Agenee Vraagteken ·

So se jy sy is nie aangerand nie? Julle is darem regtig siek om op ‘n foto te besluit iemand is nie geslaan nie .. wat maak jou ‘n kenner? IS jy ‘n patoloog of ‘n dokter of net ‘n gesiglose NIEMAND wat eintlik niks weet nie?

Ann ·

So sal mens altyd iemand kry wat sê “dis misleidend” of “iets klink nie reg nie” of “daar’s ‘n slang in die gras”. So asof hulle persoonlik daar was!! Regtig!!

Ai ·

Tipies word die vroulike slagoffer altyd bevraagteken. Dis net gewoon baie hartseer, dan daar nog steeds verskonings gesoek word vir vroue mishandeling.

Agenee julle ·

Is julle mense wat ge-antwoord het nou ernstig??
Ek self is n vrou en ek self bevraagteken hoe ernstig sy mishandel is. Daar is baie vroue in die wereld wat oordryf met alles, en nou is daar n bekende persoonlikheid betrokke. Natuurlik gaan daar gemelk word aan hierdie storie. En weet julle, ek wat self n vrou is, se daar is steeds vroue wat soms net nie weet waar om die streep te trek nie. Ek myself moes al n paar keer skaam jammer sê omdat *mans* nodig gehad het om my weg te hou van n keffende (vroutjie hond).

Persoonlike ondervinding het my ook laat besef dat almal dubbelstandaarde het. Hou op om te sê “wie is jy om te oordeel” of “mens kry altyd ‘n kritiseerder!” Wanneer jy kort-kort dink: “iemand moet haar net n snotklap gee laat sy kan bykom/wakker skrik.”

Sies!

regtig! ·

Regtig, jul wonder of sy regtig aangerand is, dit is dalk ‘n foto agterna, nadat die bloed afgewas is, die op die lippe lyk na rou lippe, kyk die stukkende plekkies onder mond en die TAND, dit KAN NIE van nature afbreek nie, dit moes baie hard gewees het. Die feit dat hy sy samewerking gee, sê klaar hy was betrokke. Dan vra hy sy ondersteuners om nie met haar lelik te wees, klaar klomp rooi ligte vir my aan, sy het haar seker self so geslaan.

Nie so ernstig ·

NIe so ernstig en gebreekte tand, ‘n snytjie op die lip of ken is nog maklik, maar gebreekte tand. Verder kan daar baie verskonings wees, soos sy was dronk of sy stry oor drank of sy drink uit die bottel, dit gee niemand die reg om haar aan te rand nie.

Theresa ·

Wat se nonsens praat die aanrander van mense moet die vrou nie kritiseer nie. Wie WIL haar kritiseer? Die man rand haar aan en vra dan sulke verspotte vrae!! Kan net dink hoe dit lawaai het daar in die plek waar hul woon met die bakleiery en skreeuery. As hy wel sy hand vir haar gelig het – moet hy nie nog waag om enige woord te piep oor vrou en kindermishandeling nie. Gits!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.