SA se country-legendes saam op die verhoog

Op Sondag 24 Februarie kom van die land se grootste country-supersterre in Pretoria byeen vir ʼn country-skouspel soos min.

Juanita du Plessis, Manie Jackson en Ray Dylan sal aansluit by die country-legendes Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce, Jody Wayne, Tommy Dell (The Killer) en Sally Vaughn (Mama Country). Daar is ook ʼn spesiale vertoning deur Bobby Angel.

Angel, bekend as King of Country, is ongetwyfeld een van die grootste name in die country-bedryf in Suid Afrika met menige goue- en platinumalbums. Sy populariteit is onbetwisbaar en hy sal altyd ʼn geliefde persoon in Suid-Afrika wees.

James, bekend as Big Daddy, het al verskeie musiekpryse gewen en het agt leeftydprestasies op sy CV. Sy radioprogram, Keep it Country, is vir meer as 42 jaar op 30 radiostasies landwyd en aanlyn uitgesaai. Van sy immergewilde treffers sluit in “Dankie”, “Vicki” en “Ahoy Madagaskar”. Hy spog, onder meer, met ʼn Sarie-, SAMA- en MTN Radio-pryse en is in 2009 tydens die Huisgenoot Skouspel met ʼn lewenslange bydrae tot Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek vereer. Hy is in 2015 tot die MTN Radio Music Hall of Fame toegelaat.

Ray, wat bekend is as die Queen of Country, het meer as 22 goue- en platinumalbums agter haar naam. “I Don’t Wanna Play House”, “Down the Mississippi” en “Who’s Gonna Tie My Shoes” is van haar grootste treffers. Sy het ook ʼn leeftydprestasie van Huisgenoot Skouspel en die International Federation of Musicians (IFM) ontvang.

Vaughn, bekend as Mama Country, het Suid-Afrika twee keer in die VSA verteenwoordig met haar treffer “Glory, Glory, Hallelujah!”, wat aan haar ʼn staande toejuiging besorg het. Verskeie leeftydprestasies is oor die jare aan Sally toegeken, onder meer van Lefra en IFM.

Bruce is veral bekend as die Midnight Cowboy en was die aanbieder van Sing Country en Rewind op TV4. Hy spog met verskeie bekronings, een daarvan platinum vir albumverkope. Van sy treffers sluit in “One Last Kiss”, “Red River Rosie” en “Seven Spanish Angels”.

Wayne, oftewel Little Jo, is ʼn vervaardiger, liedjieskrywer en vermaaklikheidster. Hy het sy eie TV-program, Little Jo & Travellers in Rhodesië aangebied en saam met sterre soos Chet Atkins, Floyd Cramer en Jim Reeves getoer. Jody spog met meer as 47 goue- en platinumalbums. “Patches”, “The Wedding” en “Sixteen Candles” is van sy grootste treffers.

Dell is veral bekend as The Killer en het Suid-Afrika in die 80’s in Nashville in die VSA verteenwoordig. Hy spog met verskeie goue- en platinumalbums en is bekend vir sy onblusbare verhoogpersoonlikheid. Hy bied tans die middagprogram van Radio Disa aan. Sy treffers sluit in “Teddy Bear”, “The Gambler” en “Blueberry Hill”.

Hierdie ses country-sterre vier elk meer as 42 jaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Die Rodeo Girls, wat bekend is vir hul lyndans, sal ook op die verhoog te sien wees. Hul spoggerige uitrustings sorg vir ʼn onvergeetlike vertoning.

Manie Jackson se albums het reeds almal goud-, dubbelgoud-, platinum- of dubbelplatinumstatus bereik. Hy het ook reeds verskeie pryse ontvang vir sy musiek, onder meer ʼn Sama vir Beste Country-album van die Jaar (2010) en bly die minnesanger van ons land. Van sy treffers is “Die hemel weet”, “Julia”, “Liefde en genade”, en “Onthou my”.

Ray Dylan is ʼn populêre Afrikaans en country-sanger en is landwyd in groot aanvraag. Hy het ook al verskeie pryse ontvang, insluitend ʼn Sama-prys vir Beste Country-album van die Jaar (2009)

Juanita du Plessis is ʼn sanger, liedjieskrywer en TV-aanbieder, met topverkope van meer as twee miljoen albums. Sy het reeds verskeie Sama- en ander musiekpryse oor die jare ontvang.

Kaartjies vir die Country Legends Spectacular, wat op Sondag, 24 Februarie in die Sun Arena in Pretoria aangebied word, is nou by Computicket te koop.

Kyk net die ad wat nou op Via is. Dankie Via vir die geleentheid om by julle te adveteer. Kry jou kaartjies sommer nou. Hierdie is regte Country musiek.

Posted by Christo Booyens on Saturday, February 2, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jurie Pieterse ·

Kan julle vir ons n DVD aak van so n skouspel. Van ons ou mense wat hulle vertonings in die 1980,s gaan ondersteun het kan nie meer so ver ry en is sieklik kan nie loop nie het nie asem nie maar wil graag so n vertoning bywoon maar ons ouderdom en ou mens siektes kan ons dit nie meer doen nie. Groot ASB Maak vir ons n DVD.

Met goot dank
Ons ou mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.