SA se John Travolta gesoek

Saturday Night Fever-oudisies word gehou op 25 Januarie. Foto: www.playbuzz.com

Saturday Night Fever-oudisies word gehou op 25 Januarie. Foto: www.playbuzz.com

Die Pretoria Staatsteater bied ʼn jong, charismatiese akteur die geleentheid aan om sy lyf Tony Manero te hou met die Saturday Night Fever-verhoogproduksie wat in September vanjaar daar op die planke gaan wees.

Oudisies vir dié verhoogproduksie gaan op 25 Januarie afskop. Vervaardigers beplan ʼn Suid-Afrikaanse aanslag vir hul weergawe van Saturday Night Fever. Die akteur wat die rol van Manero speel, moet die ikoniese danspassies van die sogenaamde disco-jare kan herskep én hy moet kan sing.

“Ons wil ikoniese oomblikke van die fliek steeds vasvang, maar is opgewonde om dit ʼn unieke aanslag te gee,” het die vervaardiger, Bernard Jay, gesê. “Die grootste uitdaging is om ʼn jong, charismatiese Suid-Afrikaanse akteur op te spoor wat die rol van Tony Manero geloofwaardig kan vertollk.”

Die verhoogproduksie se regie sal behartig word deur die bekroonde Greg Homann, die choreografie deur Weslee Swain Lauder en die musikale regie deur Rowan Bakker.

As jy aan die oudisies wil deelneem, e-pos jou besonderhede aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.