SA se top-sangers in gratis Kerskonsert te sien

“Spar Carols by Candlelight” saam met Jacaranda FM sal vanjaar op 8 Desember by St. Stithian-kollege in Johannesburg en op 11 Desember op Loftus Versfeld in Pretoria plaasvind.

Die vertoning by St. Stithian’s sal bekende kunstenaars soos Connell Cruise, Craig Lucas, Paxton, Swing City, Claire Johnston, Rubber Duc, Roan Ash en die Ndlovu Youth Choir bymekaar bring, terwyl Jo Black, Karen Zoid, Kurt Darren, Charlize Berg, Nadine en Nianell saam met Swing City en die Ndlovu Youth Choir die Kersfeesklanke oor Loftus sal laat weerklink.

Jacaranda FM se aanbieders sal die geleentheid regstreeks vanaf albei geleenthede uitsaai.

Die kinder-vermaakterrein, wat deur Spar aangebied word, bied speelgebiede, speletjies, handwerk, rolprente en meer.

Toegang is gratis, maar om die liefde wyd te deel tot waar dit die nodigste is, word diegene wat Carols by Candlelight bywoon aangemoedig om ’n speelding te skenk wat aan uitgesoekte liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word.

Kerse en liedboekies sal ook te koop wees. Alle opbrengste gaan aan Jacaranda FM Good Morning Angels. Hekke by albei geleenthede open om 16:00 en verrigtinge begin om 19:00 en duur tot 21:00. Vir meer inligting besoek die Facebook-blad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JK ·

Net jammer jakaranda het hul ook aan die ANC uitgelewer, ek sal my donasies na spesifieke organisasies toe vat, my wit geld is al te veel gemors deur plekke soos dié

Annalie ·

As dit die top kunstenaars is, is ek bly dat ek dit nie bywoon nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.