SA Top 20 word 50: 1985 tot 1989

Glenys-Lynne-Ramaja

Glenys Lynne se liedjie, Ramaja, was die Afrikaanse treffer in 1976. Foto: Argief.

Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie gee ‘n nostalgiese terugblik op die treffers van 1985 tot 1989. Hy gee ook ʼn paar van die rekords wat deur Afrikaanse liedjies opgestel is, van 1966 tot 1983.

1985 tot 1989

Dit was nie net Afrikaanse liedjies wat in hul afwesigheid geskitter het in die oorblywende vier jaar van die Suid-Afrikaanse Top 30 nie. ʼn Oorspronklike Suid-Afrikaanse liedjie kon nie weer die eerste plek haal nie.

Die laaste een was “Haak hom Blokkies” van David Kramer. Die Suid-Afrikaanse groep Café Society het wel die eerste plek met “Woodpeckers from space” gehaal, maar dit was ʼn Suid-Afrikaanse opname van ʼn oorsese liedjie.

Daar was ook geen Suid-Afrikaanse liedjies onder die eerste vyf in daardie tyd nie; die liedjies wat die naaste gekom het, was “Whisper your secret” van The Helicopters en “My kind of girl” van Cinema, wat albei die sesde plek gehaal het.  Die vervaardiging van solus-sewes (seven singles) is aan die begin van 1989 gestaak en die laaste Top 30-treffersparade is op 23 Februarie 1989 uitgesaai.

https://youtu.be/SargOlpfGzs

Statistiek en rekords

Hier is ʼn paar van die rekords wat deur Afrikaanse liedjies opgestel is, van 1966 tot 1983:

Hoogste plek toegetree: nr. 13 (“Die oukraalliedjie”- Groep Twee)

Hoogste plek uitgesak:  nr. 12 (“Jou hart is weer myne”- Heintje Simons)

Meeste plekke gestyg: 8 (“Die gezoem van die bye”- Des Lindberg)

Meeste plekke gedaal: 10 (“Vyfster”- Lloyd Ross)

Langste tydperk op die Top 20: 19 weke (“Vyfster”- Lloyd Ross)

Kortste tydperk op die Top 20: 1 week (“Maar in Amerika”- Roy Memphis, “Dink jy darem nog aan my?”- Groep Twee, “Ek verlang nog altyd”- Mynie en Jan)

Hoogste plek bereik: nr. 1 (“Die gezoem van die bye”- Des Lindberg; “Ramaja”- Glenys Lynne- 3 weke elk)

https://youtu.be/FHfqmVqQ0JA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.