SA trompetspeler wen oorsese studiebeurs

Marcelle-Adams-01

Marcelle Adams is ‘n trompetspeler van Kaapstad wat ‘n studiebeurs by ‘n Amerikaanse universiteit losgespeel het. Foto: Verskaf.

Suid-Afrika kan moontlik binnekort spog met nog ʼn internasionale musikant wat wêreldwyd opslae maak met sy musiektalent. Marcelle Adams (20) ʼn trompetspeler van Delft in Kaapstad, het pas ʼn studiebeurs losgespeel om verder aan die Universiteit van Suid-Kalifornië te gaan studeer.

Adams het die beurs ontvang nadat hy aan die Standardbank Joy of Jazz werkswinkel deelgeneem het en saam met Standardbank se Jeugorkes opgetree het. Dit is tydens hierdie optredes waar hy nie net die plaaslike gehoor met sy musikale talent bekoor het nie, maar ook Bob Mintzer, saksofoonspeler en jazz-dosent, wat ook lid van die jazz-groep Yellow Jackets is, beïndruk het.

Die trompetspeler is tans besig met sy tweede jaar aan die Universiteit van Kaapstad, maar hy sal vroeg in volgende jaar na Amerika vertrek om sy studies voort te sit.

Die jaarlikse Standardbank Joy of Jazz fees het vanjaar 29 000 mense getrek oor drie dae in September by die Sandton-konferensiesentrum en meer as veertig plaaslike en internasionale musikante het op vier verhoë opgetree.

Marcelle-Adams-02

Marcelle Adams (20) in aksie. Foto: Verskaf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

M van Pretoria ·

Baie geluk Marcelle. Wat ‘n wonderlike geleentheid en prestasie alreeds, deur hard te werk. Baie seen en sterkte vir jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.