Francois van Coke is genomineer vir beste manlike kunstenaar van die jaar terwyl sy gelyknamige album vir beste album van die jaar genomineer is. Hy is ook saam met Karen Zoid en die groep Saarkie genomineer vir beste rockalbum.
Zoid is intussen ook genomineer vir beste vroulike kunstenaar van die jaar. Die album “Republiek van Zoid Afrika Vol. 2” van Zoid se gelyknamige televisieprogram is intussen ook genomineer vir beste volwasse kontemporêre album.
Karlien van Jaarsveld, Brendan Peyper, Vaughan Gardiner, Pierre Rossouw en Suzanne sal sake uitspook in die kategorie beste popalbum. Peyper se album “Stop, wag, bly nog ʼn bietjie” is ook genomineer vir beste verwerkte album.
Elvis Blue, Andriette, Neil Somers, Bok van Blerk en Stiaan Reynierse is almal genomineer in die kategorie beste kontemporêre musiekalbum. Die Heuwels Fantasties is genomineer vir beste alternatiewe musiekalbum.
Wouter Kellerman is weer genomineer vir beste klassieke of instrumentele album.
Die Sama-toekennings vind op 4 Junie plaas.
Lekker Francois!