Sanggroep verras paartjie van val-video

Richann en René van Boer soek ‘n vrou-faam het die paartjie Megan Edwards en Ian Share verras by Farm Inn in Pretoria. (Foto: Gian Geyser)

Megan Edwards (25) en Ian Share (31) van Pretoria se groot verlowingsoomblik op Kogelbaai vroeër vandeesmaand is oorskadu toe Megan se suster, Celine (23), ʼn video wou neem en oor ʼn klip gestruikel het.

Celine het drie keer agtereenvolgens op die strand geval en dié skreeusnaakse petalje is op video vasgelê – wat uiteraard die kuberruim ingestuur is en ʼn internetsensasie geword het.

Hoewel Ian met sy plan deurgedruk het om ʼn ring aan die niksvermoedende Megan se vinger te steek, het Blixem Media en die sanggroep Reën besluit dié paartjie verdien ʼn spesiale dag om hulle verlowing te vier – sonder ʼn vallende, giggelende “videograaf” in die agtergrond.

Reën bestaan uit die Boer soek ʼn vrou-paartjie Richann en René, wat in die 13de seisoen van dié gewilde televisiemaatsoekreeks ontmoet het.

Megan en Ian het ʼn wildrit in die bosveld van die Farm Inn-landgoed in Pretoria onderneem en is daarna met ʼn spesiale vertoning deur Reën verras.

Richann en René van Boer soek ‘n vrou-faam het die paartjie Megan Edwards en Ian Share verras by Farm Inn in Pretoria. (Foto: Gian Geyser)

Richann kom te voorskyn met ʼn kitaar terwyl René ʼn ysemmer met ʼn bottel vonkelwyn dra. Die sangpaar het “Vrystaat vlaktes” gesing, hulle debuutenkelsnit waarmee hulle in April vanjaar Afrikaanse treffersparades getref het.

Danie Pretorius van Blixem Media het die romantiese oomblik op video vasgevang terwyl Gian Geyser vir hulle pragtige foto’s geneem het.

Ian lag oor die eerste verlowing op Kogelbaai en Celine se nuwe internetsterstatus. “Ons het glad nie agtergekom dat sy regtig val nie en ek het voortgegaan om die groot vraag te vra.”

Die twee verloofdes het eers daarna alles agtergekom en toe hulle die video’s sien, het hulle lekker saamgelag.

“Ons het geen idee wie dit op sosiale media geplaas het nie en ons het glad nie gedink dit sal so ʼn groot ding word nie, maar ons lag saam, want dinge gebeur. Ons is nou baie gelukkig verloof,” sê Megan.

“Ons gedink dit is ‘n baie mooi gebaar dat Select Musiek dit vir hulle spesiaal wou maak. Ons het dadelik ja gesê om dit vir hulle ekstra spesiaal te maak in die bosveld. Hulle is pragtige mense en ons het die baie geniet,” sê Reën.

Megan en Ian beplan om in Mei 2022 voor die kansel te staan.

Kyk hier na nog foto’s van die paartjie se spesiale dag.

Kyk hier na die video van Richann en René se verrassingsvertoning:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LANA is ELANè ·

Auwh dit is nou oulik ~ ek dink die twee mense is heeltemal uit die veld geslaan oor al die aandag wat hul “1ste verlowingc uitgelok het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.