Vaatjie
Ons het hom leer ken in Afrikaanse films soos Poena is Koning, Ouma se slim kind, Vaatjie sien sy gat en Stoute boudjies, maar deesdae is hy beter bekend vir sy rol in die Kyknet komedie, Molly en Wors. Vaatjie het die afgelope paar jaar ‘n huishoudelike naam geword en is alombekend vir sy humoristiese manier van dinge doen. Vaatjie (Gerhard Odendaal) se groot droom was nog altyd om gehore buite Molly en Wors te vermaak en het besluit om sy eie CD, Sersant, die lig te laat sien. Sersant bevat oorspronklike snitte spesiaal vir Vaatjie geskryf deur Pierre Rossouw, Tony Ridgway, Pieter Ricshmuller van DJ Ossewa en Charles Schmidt van Beeskraal. Die CD is vermeng en opgeneem by DJ Studios en Johan Scott van Leo Musiek was die uitvoerende regisseur.
Vaatjie vermaak met hierdie CD en sal defnitief die lagspiere oefen… ‘n komiese CD wat die braaivleisvuur sommer langer sal laat brand en die kuier net nog lekkerder maak. (Leo Musiek)
Speellys
- Vaatjie se song
- Koeisong
- Sersant
- Dis hoe ‘n Saterdag moet wees
- Weskus Wildeblom
- Bly vir nog net een – met Zak van Niekerk
- Botterbroodjie
- Bring jou hart (duet met Chantell)
- Ek wil net sokkie
- Fairytale Nooi
- Voetstoots
- Een van daai bokkies
- Kakiebos