Ses Snare en vriende se DVD is pure luistergenot

Die manne van die groep Ses Snare bly bekoor en nou het hulle ‘n vertoning van die groep op DVD vasgelê.

Ses snare laat gehore steeds brul van lekkerkry. Die suksesresep waarmee hulle die afgelope jare gehore regoor die land laat voete stamp het, het nie verander nie, inteendeel, hulle het nou ’n paar vriende genooi om deel te wees van die pret.

Die lang verwagte tweede DVD van die groep is tydens ʼn konsert op 12 Desember 2012 by die Atterbury-teater opgeneem. CH2, die kitaar-ghoeroe Greg Georgiades, asook Wouter van de Venter, Mel Botes en Mathys Roets, wat al voorheen deel van die groep was, het hulle klank aan die geleentheid verleen. Die manne speel ʼn kombinasie van bekende treffers asook vuurwarm oorspronklike musiek, meesal deur die lede self gekomponeer. Die DVD sluit ook ʼn paar liedjies van Ses Snare se uiters suksesvolle Beatles vertoning in.

Ses Snare bestaan uit Blackie Swart, Pieter Smith, MD Greyling, Thean Kotze, Peter Hoven en Leon Ecroignard. Sedert verlede jaar maak Snare gebruik van ʼn musikale instaner wanneer een van die gereelde lede nie beskikbaar is nie. Vanjaar het Mel Botes, Mathys Roets en Wouter van de Venter gespeel wanneer een van die gereelde Snare nie beskikbaar was nie.

Die Ses Snare se DVD, Ses Snare Live, is nou landswyd beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.