Singende hawelose se lewe verander ná video

Steven Ferguson.

Steven Ferguson.

Steven Ferguson, ʼn hawelose man wat al sowat 15 jaar op straat in Carletonville woon, se lewe het bykans handomkeer verander nadat ʼn video van hom op Facebook gelaai is.

ʼn Inwoner van dié dorp het Ferguson op sy emmer met sy kitaar sien sing en ʼn video daarvan gemaak.

Dié video is reeds sowat 200 000 keer gekyk sedert dit ongeveer twee weke gelede op sosiale media geplaas is.

Ferguson het in ʼn onderhoud met eNuus vertel hy het in 2001 begin kitaar speel. “Dit maak my gelukkig; so dit moet ander mense ook gelukkig maak,” het hy gesê.

Patrick Jacobs, die inwoner van Carletonville wat die video van Ferguson gemaak het, het vertel hy het na Ferguson toe gestap en gevra of hy ʼn video van hom kan maak. “Ek het gedink dalk sien iemand hom raak. Hy het ingestem en toe begin hy die kitaar tokkel. Jy kan hoor hy speel uit sy hart uit.”

Sedertdien het Ferguson reeds ʼn vertoning gelewer en ʼn agent, Christo Smith, gekry.

“Hy het sy eerste optrede gehad voor so 30 mense in ʼn klein dorpie hier naby ons. Hulle het dit verskriklik geniet en na afloop daarvan het ons vele oproepe gehad, onder meer van ʼn kunstenaar wat wil hê hy moet saam met hom optree.”

Benewens nog ʼn optrede wat later in Februarie op hom wag, het Ferguson gesê hy het ook blyplek en klere gekry. ʼn Plaaslike radiostasie en ʼn gemeenskapskoerant het ook onderhoude met hom gevoer. “Dan is ek boonop nog op TV ook. Ek is darem amper famous seker maar,” het hy geskerts.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Flippie ·

Hierdie ou is n skelm.
Ons het hom werk gegee in delmas.
Ons het klere gaan koop en behuising vir hom gekry.
Na se eerste betaaling toe verdwyn hy spooorloos. Die man wil nie gehelp word nie.
Ons sit nog met van sy besittings.

Plekkieindieson ·

Flippie, dit klink kwalik asof hy ‘n skelm is. Hy het hoogstens gedros as ek lees wat jy skryf,
Ek hoop hy bereik sukses en inspireer ander om hulself ook op te hef. Hy kon net gesit en bedel het, maar het besluit om homself te leer kitaar speel om besig te bly en homself en ander gelukkig te maak. Gun die bra sy plekkie in die son.

chantel ·

Jong
15jaar op straat en die man kan loop en praat…
dis soms makliker om geld op straat te verdien van ander wat werk
eks seker hy kon n werkie gekry het al is dit gras sny
STEEDS BAIE BLY HY GEBRUIK IMMERS SY TALENT…en hoop dat dit sal uitwerk vir hom

CB ·

Go Steven! Jy gaan nog groot hoogtes bereik! Een van die dae gaan ons jou sy aan sy sien saam met groot Afrikaanse sangers!
Flippie, jammer dat hy jou gegewe werk in die bek gekyk het, maar ek dink, as ek dit so bekyk, het hy 15 jaar gewag vir sy groot kans in die musiek bedryf. Want dis waar sy hart is en geen ander werk sal vir hom vreugde bring nie.
Steven, bly net altyd nederig en onthou die mense wat jou gehelp het met werk, blyplek en klere.

waarheid1 ·

Dalk is hy Nomadies?
Gee hom nog ‘n kans – dalk het hy nou die regte ding gekry om te doen.

Susan ·

Gelukkig het hulle vir hom ‘smart’ nuwe skoon skoene gegee vir die onderhoud??

Lindtjies ·

Gehoop sy talent sal hom dalk van die straat afkry. Weet van ‘n geval waar ‘n groot maatskappy ‘n hawelose man werk aangebied het en hy het geweier om dit te aanvaar. Sommige van hulle wil nie gehelp word nie.

christa ·

hy is ‘n gesoute straatkat. As hy al 15jaar op straat bly wil hy nie iets van sy lewe maak nie.. Ek sou al my voete deur geloop het vir werk al was dit net vir kos.

Sylvia ·

Behalwe musiekmaak. Dit is sy passie. Dit is sy werk, Dit sit vir hom kos op die tafel, en dit maak homself en ander om hom gelukkig. Werk ander voltydse musikante dan nie?

"Down and Out" ·

Mag meer van die “Down and Out” mense gehelp word om ‘n produktiewe lewe te lei.

Hannetjie ·

Hoe gemeen kan mense nou wees? Om 15 jaar so te leef en sy mede dorpenaars weet van hom ?Dan is die volgende baie waar: moet op prinse nie vertrou nie.

Realis ·

Om 15 jaar so te leef beteken een van twee dinge. Hy verkies dit so en om onder die radar te leef is sy warmplekkie in die lewe of hy is ‘n kansvatter wat op mense se gevoel speel om wins te slaan daaruit. Ek sal eerder glo hy moet net ‘n kans kry, dalk is hierdie geleentheid sy kaartjie na ‘n beter lewe.

VanAfrika ·

As ek op straat geland het sou ek enige iets aangryp om my lewens gehalte te verbeter. Daar is niks lekkerder om te weet dat jy n geldtjie in die bank het vir kos, huis en klere en dan miskien vir n bederf soos n fliek, piekniek of vakansie nie. Dink net jou vrese dat jy dalk aangerand word terwyl jy in die nag slaap, dat jy nooit n warm strort kan hê nie, nie op n sagte bed kan lê nie, nie iets kan koop om te eet by n wegneem ete of restaurant nie. Mag die Heer my help dat ek ALTYD werk het.

Nelluis ·

Wel ten minste begrawe hy nie sy talente onder die maat emmer waarop hy sit nie.
Die lewe gaan oor kanse…2-des en 3-des en soveel soos wat dit vat.

MCS ·

Sit met trane in my oë. Lees nou net van die 3 jarige dogtertjie wat haar lewe in ‘n fratsongeluk verloor het so jonk, klein en onskuldig en dan van Steven wat die suur van die lewe ken en nou so groot ” break” in sy lewe kry. ‘n Mens kan maar net jou kop ‘n ongeloof skud. Hoe onvoorspelbaar die wee van die Vader is. Groot of klein ons is net van genade afhanklik al verstaan ons nie altyd hoe die lewe werk.

Oog getuie ·

Kan maar net my kop skud, hou op oordeel en gun tog vir iemand anders ook ‘n plek in die son. Steven het nie gevra vir dit wat nou na hom toe kom nie, hy het kruisies gemaak en op straat uitgegee vir donasies, nie net oophand gestaan en bedel nie. Iemand het sy talent raakgesien en wou dit graag met ander deel. Gaan lees weer mooi, hy se dit maak hom gelukkig om musiek te maak en hy wil ander mense ook gelukkig maak daarmee, hy doen dit omdat dit sy passie in die lewe is! Dit is my wens dat hy dit groot maak in die musiek industrie, hy verdien dit!!!

Lizelda ·

Se, ek ook “Oog getuie”: die mense is weer vol oordeel oor hierdie berig. Dis maklik om te se as dit ek was het ek of as dit ek was het ek nie. Punt is JY is nie Steven nie. Moenie oordeel as jy nie in daardie persoon se skoene gestaan en n paar tree gestap het nie. Gun die man wat hom toekom, wie weet wat hy vorentoe gaan doen. En ja iemand het gevra of hulle n video kan neem hyt nie rongehardloop en GEVRA dat mense sy video moet neem nie.

Marinda ·

Ek stem saam met jou Plekkieindieson.
Ai mense. Wats fout daarmee om iets te wil doen wat jou gelukkig maak of wat jy graag wil doen?
Sien tog asb net die mooi in hierdie storie.

Elsa ·

Ai, gun tog elkeen sy plekkie in die son. Steven het jou mos nie te na gekom nie of is julle sommer van natuur so afgunstig.

Wiid Bannister ·

Mense oordeel vinnig, tog wil hul se hul is gelowig…

Dink voor jy skryf, want jou woorde maak jou vinnig skuldig daaraan dat jy niks vir iemand anders gun nie. Hy het ‘n kans in die lewe gekry om ook beter te lewe, of hy dit gaan vat, is sy besluit, en wat in sy verlede gebeur het, is vir hom om te besluit of hy dit sal meedeel.

Die ou mense sou se dat die wat slegte kommentaar lewer hieroor, net inhalig is. Haal die balk eers uit jou eie oog…

MENSE EN HUL DINGE ·

Sjoe, weereens besef ek hoe wreed mense kan wees. Jul is regtig pateties! Gee die man ‘n kans en hou eerder jul opinies vir julself. Dit beteken net een ding vir my, jul is verveeld en het nie beter dinge om te doen.

Ek hoop regtig dat die pad voorentoe vir Steven suksesvol sal wees.

Sê net ·

Nou maar maak dan soos jy aan ander voorskryf: “Hou jou opinie vir jouself”.
Elkeen het die reg tot sy eie opinie en MM verskaf die platform waarop jy dit kan lug. Wees dankbaar almal loop nie agter een opinie aan soos ‘n klomp skape nie.

Joa ·

Ek het self ‘n broer wat daai lewe bo die normale lewe verkies het. Ek het hom vele kere gehelp en blyplek gegee en dan een oggend wanneer ek wakker word, dan is hy weer weg, sonder om totsiens te se. Ek wens ek het geweet waar hy is en of hy nog lewe.

Groen Ertjie ·

Heelwat oppervlakkige mense hierso – “You can’t understand someone until you’ve walked a mile in their shoes.”

Gerhardus ·

Ek skaam my vir my medemens oor die kommentaar wat ek hier lees.
Hoe kan jy iemand oordeel as jy nie weet watter pad hy gestap het, en watter klappe die lewe na sy kant toe gestuur het nie?
Dis moontlik dat sommige van hierdie mense eerder op straat wil bly as om by die samelewing in te skakel, maar niemand word so gebore nie. Daar moet iets groot in jou lewe verkeerd loop om jou tot op hierdie punt te kry.
Die van julle wat julself gelowiges noem, en hierdie man veroordeel, kan gerus weer die gelykenis van Lasarus en die ryk man gaan lees.
Jesus het nie die bedelaar veroordeel nie, maar wel die pateet wat gedink het dat die doel van sy rykdom is om vir hom ‘n lekker lewe te skep.
Voor jy iemand wat op straat bly veroordeel, daag ek jou uit om hom vir ‘n ete te vat en te hoor hoe hy gekom het tot waar hy is.
Ons geld is net waardevol tot ons die dag doodgaan, maar die impak wat ons in ander se lewens maak kan ‘n ewigheid duur (vir jou en vir hom).

Lee ·

Ek is baie, baie bly vir Steven. Wel gedaan. Mag jy baie suksesvol wees. Wys jou net, daar is baie hoop wat le en wag. Ek hoop van harte dat so n gelukkie eendag na my pa se kant toe sal kom en dat iemand hom sal raaksien en n werks geleentheid vir hom kan aanbied. Daar is baie goeie mense daar buite. Regte plek en regte tyd. Go Steven!

Essa ·

Gerhardus, ek gaan jou laaste sin onbeskaamd in my boekie met positiewe gedagtes aanhaal. (Hoop nie jy hou kopie regte nie ?). Ek wil graag ook net noem dat mense gebore word met persoonlikheids tipes (en steurings) wat maak dat hulle eenvoudig nie kan konformeer met wat vir die samelewing normale norme is nie. Hulle kan net nie in die boksies wat vir ons normaal is lewe nie, en sal eerder swaar kry maar vry wees. Joa sal weet. Ek hoop Steven se nuwe weldoeners het groot begrip vir die mens wat hy is.

Hennie ·

Ek sien sommige mense wil ander oordeel wat staan en bedel. Ek dink ons moet baie diep in ons self kyk en vra hoekom daardie persoon staan en bedel. Hoeveel blankes spesifiek woon in sogenaamde wit plakkers kampe wat sonder geld sit elke dag. Dit is nie altyd ‘n kwessie van hulle is lui en wil nie werk nie, die vraag is waar kry hulle werk. Ek ken persoonlike twee vroue wat in daardie bootjie sit. Die een is boonop baie siek met drie verskillende soorte kankers en was sowat 4 jaar terug deur 8 swartes verkrag en vir dood gelos en haar tong was amper afgesny.

Sy is gewillig om enige werk te doen maar kry nie. So dink ‘n bietjie voordat daar geoordeel word.

Om net so ‘n stukkie uit my verlede te noem en dit plae my nog baie. Sowat 40 jaar terug het ‘n swarte my 25 sent gevra vir kos en ek het aan hom gesê hoekom werk hy nie. Op daardie stadium het ek nie gedink hoe moet dit voel om jouself te verneder om te bedel nie. Intussen het ek tot ander insig gekom en probeer help waar ek kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.