Sluit jou Sondag af met ʼn rustige ‘Piekniek & musiek’

Foto: Verskaf

Suid-Afrika se top-musieksterre is gereed om jou Sondae beter te maak met Piekniek & musiek, ʼn reeks ­konserte wat in die Wes-Kaap aangebied word.

Dié konserte word hierdie somer op Sondae op die grasperke van die Zevenwacht-landgoed naby Kuilsrivier gehou. Die eerste van dié konserte vind plaas op Sondag 12 November met Elvis Blue op die verhoog.

Elvis Blue sal al sy grootste treffers uitvoer, insluitende die jongste enkelsnitte in sy treffer-album, Die brug. Al die konserte vind laatmiddag plaas en sal teen sononder klaar wees.

ʼn Mens mag nie eie verversings en drinkgoed op die perseel bring nie, maar jy kan wel ’n groot kombers vir die grasperk bring en jou piekniekmandjie voor die konserte by die Zevenwacht-landgoed bespreek. Die perseel bied ook klim- en klouterrame om die jongspan besig te hou.

Kaartjies vir Piekniek & musiek kos R140 vir volwassenes en R60 vir kinders tussen die ouderdom van drie en 12 jaar. Toegang vir die kleintjies jonger as drie is gratis. Kaartjies is beskikbaar by www.webtickets.co.za sowel as Pick n Pay Soneike, Pick n Pay Glengarry en Hyper Brackenfell.

Die hekke is oop van 14:00 en die eerste kunstenaar sal teen 16:30 op die verhoog verskyn. Die konserte duur tot 19:00.

Piekniek & musiek word ondersteun deur Bok Radio en word met trots aangebied deur Ian Bredenkamp Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.