Snotkop en Juanita du Plessis se somertreffer is hier

Snotkop en Juanita du Plessis.

Twee van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf, Snotkop en Juanita du Plessis, het hande gevat om uiteindelik hul eerste samewerkingsnit, “Ruk die dam”, uit te reik.

“Ruk die dam” verskyn in Du Plessis se jongste album, Dis Tyd. Sy en Snotkop het tydens hul optrede op die Krone 6-konsert oor ʼn moontlike samewerkingsprojek gesels.

Snotkop het dadelik ingestem en kort daarna het dié somertreffer die lig gesien. Du Plessis en haar dogter, Franja, het die melodie en koor van die liedjie geskryf. Snotkop het sy eie stempel op die liedjie afgedruk deur ʼn paar verse te skryf.

“Ek het al dikwels die voorreg gehad om die verhoog met Snotkop te deel en ons ken mekaar al jare lank. Sy musiek het nog altyd my voete laat jeuk en daarom wou ek baie graag iets saam met hom opneem,” vertel Du Plessis.

“Ek is baie dankbaar vir sy bydrae en opgewonde om hierdie video met almal te deel. Die jaar 2020 het die mat onder ons almal uitgeruk, maar ons gaan met hierdie liedjie die res van die jaar ‘ruk’.”

Snotkop is bekend vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke.

“Juanita is seker die gaafste mens wat jy sal teëkom. Ons het om die een of ander rede ʼn lekker energie saam en Juanita weet wat sy wil hê. Nés ek ken sy haar mark en aanhangers goed, so ek dink ons het iets besonders geskep wat die twee wêrelde bymekaarbring. Daarby is ek ʼn massiewe Juanita-aanhanger. Die dam gaan hierdie somer behoorlik geruk word.”

“Ruk die dam” is op alle groot digitale platforms beskikbaar.

Kyk hier na die musiekvideo:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Freddie ·

Jong, ek is seker nie die teikenmark nie want dit voel vir my maar bietjie lig in die broek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.