Snotkop is ‘pens en pootjies’ op die Top-20

Snotkop (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Snotkop het die afgelope jaar suksesvol met verskeie van sy medekunstenaars saamgewerk. Dink maar aan die uiters gewilde treffer saam met Ricus Nel, “Boerepompie”, wat tans in die vierde plek is op die Maroela Media Afrikaanse Top-20, en “Langpad alleen pad” saam met Elvis Blue, wat tans die agtste plek beklee.

Hy betree vandeesweek se Top-20 in die no. 18-posisie met sy splinternuwe enkelsnit, “Pens en pootjies”. Die musiekvideo van die liedjie het reeds meer as 190 000 trefslae op YouTube.

“‘Pens en pootjies’ is definitief ʼn somertreffer,” het Snotkop onlangs in ʼn onderhoud met Maroela  Media gesê. “Dit is ʼn liedjie wat tong in die kies is, en net lekker pret is. Maar dit het ook baie inspirasie. Dit gaan daaroor dat jy jou pens en pootjies moet bring, dat jy cool is net soos wat jy is.”

Ruhan du Toit, voorheen van Touch of Class, steek vandeesweek Bok van Blerk se “Was” verby en neem vandeesweek se no. 1-posisie in met “As jy dink jy weet”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, tien wat daal, een nuwe liedjie en twee wat onveranderd bly.

  1. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  2. Bok van Blerk – “Was”
  3. Appel – “Nonna”
  4. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  5. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  6. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  8. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  9. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  10. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  11. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  12. Refentse – “What a boytjie”
  13. Francois van Coke ft Spoegwolf – “Dagdrome in suburbia”
  14. Elvis Blue – “Beloofde land”
  15. Robbie Wessels – “Legendes”
  16. Tasché & Francois van Coke – “Vier seisoene kind”
  17. JohnJames – “Ek is meer werd”
  18. Snotkop – “Pens en pootjies”
  19. Jan Jan Jan – “Wys jou vleis”
  20. Biggy – “Dames”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

RS ·

Like die video! Jy sluit alle meisies in! Daai brunette is beautiful!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.