Snotkop sê oor kritiek

Snotkop se nuutste album, Sous, is nou beskikbaar.

Snotkop het onlangs sy nuutste album, Sous, vrygestel en voete stamp reeds behoorlik op sy eerste snit op dié album, genaamd “Souserig”.

Nadat sy vorige album, HKGK, trippelgoud-status bereik het, wat beteken dat meer as 45 000 eenhede verkoop is, is sy hoop groot dat hierdie album nét so goed sal vaar.

Snotkop het aan Maroela Media gesê hierdie album is iets waarna almal kan luister en op partytjie kan hou.

“Dit is ʼn lekker dans-album. Die idee met die album was om iets te maak wat mens kan laat glimlag en agteroorsit. Ek is nie bang om goed te sê wat ander kunstenaars nie noodwendig kan nie, so meeste liedjie is weer lekker tong in die kies,” het hy gesê.

“Ek hou daarvan om grense ʼn bietjie te druk en om goed aan te raak wat ander kunstenaars nie kan nie. Mense sal lekker by ʼn vuurtjie kan sit, ʼn tequila oopknak en lekker laf rak op dié album. Mense kan ʼn bietjie vergeet van hul probleme; van die kind wat besig is om skool te druip of die kar se paaiement wat agterstallig is. Op die album kan mense net lekker laf wees,” het hy gesê.

Die musiekvideo vir “Souserig” is al meer as 480 000 keer op YouTube gekyk, maar Snotkop sê nie álmal is gelukkig met dié video nie.

“Die video het al baie woede veroorsaak. Party mense sê dit is kommin en te wild, en party sê dit is nie goed vir die Afrikaanse musiekmark nie. Maar wanneer mense daaroor kla, is dit vir my verskriklik lekker. Dit beteken mense het aandag daaraan gegee, dit het mense laat regop sit, en mense praat daaroor,” het Snotkop gesê.

Snotkop (Foto: Maroela Media)

“Ek dink die video het niks in wat jy nie op ʼn strand kan sien nie en ook niks waaraan almal nie maar aan dink en van weet nie. Ek hou mos nie van doekies om draai nie, vir my is dit belangrik dat mense moet aandag gee.

“Kuns, al is dit popmusiek, moet nie net verby mens gaan nie, dit moet jou in die gesig klap, dís wat kuns moet doen. Dis nie maklik om te doen nie, maar dié musiekvideo doen dit wel,” het hy gesê.

Snotkop het vertel dat hy aan sy liedjies dink wanneer hy saam met sy vriende by ʼn braai kuier. Hy bieg hy luister ook soms gesprekke af en luister haarfyn na alles wat mense rondom hom sê, en kry vandaar inspirasie vir baie van sy liedjies.

Liedjies soos “Dikkelicious” en “Souserig” het juis só ontstaan.

“Een van my mal vriende was eendag besig om sous oor sy steak te gooi en om vir ons te vertel van ʼn meisie wat hy baie aantreklik vind. En dis hoe ‘Souserig’ begin het. Nou hoor ek dit is al amper ʼn catchphrase om te sê iets waarvan jy hou is souserig!”

“Die album is gemik daarop om die lewe lekkerder te maak. Soos wat sous enige maaltyd lekkerder maak. Anders sit jy met ʼn droë, geurlose steak, en dit is nie lekker nie.”

“Jy moet ʼn jol hê terwyl jy na die nuwe album luister. Ek wou ʼn bietjie sous in jou lewe sit, sodat alles ʼn bietjie beter smaak!” het hy gesê.

Sous is beskikbaar op iTunes, Deezer, Spotify en verkeie musiekwinkels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

CK ·

Elke ou het sy / haar eie smaak, maar Snotkop vir jou smaak ek kwaai. Jou musiek is nie vir elke een bedoel nie, daarom is daar iets soos keuses.
Dankie vir jou opgewekte musiek

Ag tog ·

Net so moeg daarvoor dat halfkaalmeisies gebruik word om te help om sy musiek te bemark. Maak ons dames goedkoop.

Sam ·

Daai dames het ‘n keuse. So dit is hul eie keuse om goedkoop te lyk soos jy dit daar stel.

*sous(erige)kluitjie* ·

Gooi ‘n biki sous en raak vir my rusting – al die ou dikbek ooms en tannies : Aggenee julle, chill net ‘n slag en geniet die lewe. Julle gaan van verstoktenheid doodgaan, en heeltemaal uitmis op die lekker van die lewe!

Afrikaanse Knaap ·

As mense nie daarvan hou nie sal hulle dit nie koop nie. Druk hom in die rooi Snotkop, jy het al na my mening ‘n paar lekker deuntjies aan mekaar geslaan. Dankie daarvoor.

Pienkie ·

Ek is mal oor Snotkop se nuwe cd. Ek is sommer lus om te begin dans as ek hom hoor. Hou so aan Snotkop, ek love jou musiek.

Piet Pompies ·

My een dogter en ons kleinkind is mal oor Snotkop, die kleinkind hou van die ritme en bewegings wat Snotkop maak. Sy naam Snotkop gee alreeds ‘n leidraad dat hy van klein af maar ‘n stoute laaitie was en nog steeds is, daarem nou nie van so ‘n aard dat dit lelik is. Gaan voort met jou unieke mark wat jy bedien, jy is oorspronklik en kyk in geen ander sanger se oë om jouself bekend te maak.

pinkie ·

Ten minste gebruik hy nie weer die woord ‘sexy’ 3000 keer in hierdie liedjie nie.

pinkie ·

Die dikbek ooms en tannies het ander maniere gevind om die lewe te geniet as om na die mannetjie te luister. Mens se smaak raak maar meer gesofistikeerd soos mens ouer raak.

Hanna ·

Ek is n ou tannie van in die sestig en ek geniet sy musiek. Doen so voort, solank jy sing luister ek en geniet dit.

·

“Nou dié klink mos na my mens’__ń SEXY SOPPERIGE VRYDAGAAND..
Gooi hom snotty…

SNOTKOP se fan ·

Hehehe…. lekker lag ek vir die besig en suur knolle en monde se komentaar op SOUSERIG.
Om die waarheid te sê dit verband my nie. Dis vir my net so bietjie hewaahd maar dis fine dis darm nie maak nie. Dis tiepies hoe die Turner seuns en meisies aan gaan as hul van mekaar hou……. ek my man en my dogter LOVE Jou musiek SNOTKOP. Ons kyk jou musiek videos oor en oor elke dag op you tube.

Ekt nogals gedink die musiek video gaan in diebkoerant besige verkskyn, met dit al vermoed met hoe lykit ook.

Maar nie te min SNOTKOP. DIS NET JALOESIE WAT SO PRAAT. WATS JOU VOLGEDE HIT?

Smaak Verskil ·

Gelukkig verskil smaak en ek is jonk. Hy kan maar verby hou – ek ignoreer hom heeltemal – maar dit is my smaak – smaak verskil. Dankie tog daarvoor vir almal!

Spoegwolf ·

Vat dit oppie chin ou pella vat dit oppie chin. Moetie worry nie dis kwaai

Anton Hugo ·

Ek sou ook, soos jy en SNOTKNOP se fan, ook liewer onder ‘n skuilnaam kommentaar lewer. Hou so aan getroue ondersteuners. Ons wil nie regtig weet wie julle is nie.
Groete van deur tot deur.

Oop oge ·

…en die kant waarna die boom oorleun, is waarheen hy val…..
Jy kan net na God oorleun of na Satan ….daar is nie `n middelpad nie !
Die bome word geken aan hulle vrugte en die Skrif spreek elke individu se naam duidelik uit … vanwaar jou herkoms is…..
Besin oor wat jou gelukkig maak en meet dit aan God se Woord…Dit is jou enigste padkaart na LEWE.

Annie ·

Elk is geregtig op sy/haar eie keuse van musiek. Indien dit jou aanstaan, luister dit met graagte. Genadiglik is daar vir ons ander meer intellektuele opsies om te geniet.

AgAsseblief ·

@ Annie jy hoef nie intellektueel te wees om lekker SOUS te geniet nie!

Bella ·

Ek is nie oud of oor die muur nie. Glad nie. Maar ek raak nie aan drank en luister ook nie na die goedkoop vuilbek Afrikaanse musiek nie. Dit geld vir Jack Parow dieselfde. Geen mens met selfrespek luister na die snert nie.

Ekke ·

Ek ook bella. Hoe meer kanse die mense vat en oorskry, hoe meer kry hul die aandag. En dis wat hul soek AANDAG!

Skaap ·

Ek het onlangs besef, dat as ‘n sondaar mens is ek so pateties ek kon nie eens dit regkry om elke dag bid nie. Jesus gee die merkwaardige antwoord in nie net hoe ons elke dag moet bid nie maar ook vir wat en in volgorde van prioriteid.

Ek het gevind elke dag wat ek begin met die onse vader, kom meer gebed makliker deur die dag en versoeking het glad nie krag oor my nie.

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

tammer ·

Bijna 500.000 keer op youtube gekyk is voor Afrikaans een super prestatie. Hollandse artiesten met provocatieve videoclips zoals Boef en Ronnie Flex kry zelfs 40 tot 50 miljoen views op youtube . Daar is dus een grote markt te win!

wena ·

Ek en my vrou is ons 60 en ons oefen elke dag op jou opgewekte musiek , gooi die sous en HKGK met die wat nie daarvan hou nie

Katerina ·

My 21 jarige dogter en haar vriendekring hou baie van hom. Ek self ken glad nie sy goed nie maar hy klink “fun and entertaining” vir mense wat sy goed geniet. Ek is 53 en luister eintlik net na Engelse musiek selfs heavy metal en Skandinawiese musiek soos die van die groep Heilung. Maar ek is n “Live and Let Live” tipe mens so as Snotkop se goed mense laat lag is ek bly. Die lewe hier in die helhool is swaar mense het lighartigheid nodig soms.

Musiek ·

Die wat van sy musiek hou geniet dit! Die wat van Die Antwoord se musiek hou geniet dit ook! Hoe party mense musiek en die Bybel en die sonde bymekaar uitbring gaan my verstand totaal te bowe. Wie gaan in elk geval oor 100 jaar hierna luister of dit onthou???!! Dan is daar heeltemal nuwe soort musiek of wat ookal! Ek wonder of sommiges ooit die aarde oor 100 jaar sal kan voorstel sonder om in doemprofesië te verval. Veertig jaar gelede het die mense gesê Black Sabbath se musiek is duiwels en wie weet wat nog en dat dit die einde van die wêreld is vandag is dit antieke musiek en irrelevant en bitter min mense weet nog van ‘n popgroep met die naam van Black Sabbath wat donkiejare gelede bestaan en musiek gemaak het.

Welma Crowie ·

Dis eenvoudig, as jy nie daarvan hou nie verander die kanaal, loop uit die vertrek uit, sit die tv of radio af. Dis stout, dis sous, dis Snotkop!!!!

Willem ·

Doen so voort Snotkop…jy is die enigste kunstenaar wat bietjie humor in jou videos inbring hetsy dit stouetrig is of nie dit is briljant! Eks al so moeg vir die stroperige liefdes videos wat oor en oor gemaak word. Well done en ek hoop daar is nog baie SOUSERIGE videos ou maat. Jy rock!!! Die wat nie daarvan hou nie verander die kanaal of luister na iets anders.

charmaine ·

Dit is n lekker sous liedjie ek is mal oor Snotkop en natuurlik sy musiek.
Stem saam dat die wat kla ook maar nuuskurig was of is so hulle het gekyk!!!!

Ek mal oor “Hilda” in die musiek video oe en die skoonpa lyk maar baie kwaai!

KanekVra? ·

Ek is mal oor jou musiek Snotkop! Souserig se musiekvideo is absoluut smaaklik. Ek het dit al hoeveel keer gekyk, En tog te lekker om my oggend met jou musiekvideo te begin. Moan gaan die en ou ooms en tannies moan. Wie gee om. Jy is ‘n suksesverhaal! En wie wil nou nie sous by sy stukkie vleis hê nie. VIVA Snotkop! Viva Souserig!

Sue ·

Vat hom soos ‘n Vrydag… each to his own, maar ou Snotkop, al is jou musiek ‘catchy’, dink ek nie jy moet jou musiek en die woord ‘kuns’ in dieselfde sin noem nie. En die wriemelende meisies is vir my skoon grillerig. Raak vir my rustig! ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.