Só lyk vanjaar se Top-40 Afrikaanse liedjies

Appel. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Ondanks die wêreldwye Covid-19-pandemie wat vanjaar die musiekbedryf feitlik oornag op sy knieë gedwing het, was daar wel ʼn paar noemenswaardige ligpunte vir die aanlyn musiekbedryf.

Volgens The Media Online het meer mense aanlyn na musiek geluister en radioverbruik met 40% toegeneem.

Op eie bodem het kunstenaars soos Appel, Bernice West, Jan Jan Jan, Spoegwolf, Elandré, Riaan Benadé, Demi Lee Moore, Christia Visser en Refentse veral ’n goeie musiekjaar agter die rug.

Riaan Benadé het sy debuutalbum, Spontaan, in Augustus uitgereik. Dié album was binne enkele dae een van die mees gestroomde albums in Afrikaans op Apple Music vir ʼn paar agtereenvolgende dae. Verskeie van sy enkelsnitte was ook in die nommer 1-posisie op die groot digitale platforms. Riaan het help skryf aan “Ons sal self”, Coleske Artists en Solidariteit se samewerkingslied, wat ook baie gewild was vanjaar.

Die groep Spoegwolf het vanjaar sy vyfde album, getiteld Wind, bekendgestel wat deur Spotify aangewys is as die mees gestroomde Afrikaanse album op Spotify vir 2020. Dit is nogal ʼn prestasie, gegewe dat die album eers in die vierde kwartaal van 2020 bekendgestel is. Die eerste enkelsnit vanaf dié nuwe album, “Swart vere”, het ook op ander stroomdienste goed gevaar en die musiekvideo is reeds meer as 257 000 keer op YouTube gekyk.

Bernice West. (Foto: Jannes Erasmus)

Die jong krulkopsangeres Bernice West het vanjaar die musiekbedryf behoorlik stormgeloop onder leiding van Johan Vorster van Inhoud Huis. Bernice was eers te sien op die talentsoekprogram Maak my famous en ná die groot sukses van haar heel eerste enkelsnit, “Sonop-blom”, is dit duidelik dat sy beskore is vir ʼn loopbaan in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy het al die liedjies op haar debuutalbum, “Net geleen”, geskryf. Haar broer Renier van der Westhuizen van die groep Rooksein het ook met ʼn paar liedjies gehelp.

Appel (Christoph Kotzé) se lied, “Nonna”, word vanjaar bekroon as die nommer 1-liedjie op die Maroela Media Afrikaanse Top-40 in Afrikaans. Dié lied het op talle Afrikaanse trefferparades gepryk en die musiekvideo het reeds meer as 4,8 miljoen kykbeurte op YouTube gekry. Hoewel die lied in November 2019 bekendgestel is, het dit eers in Februarie vanjaar behoorlik aandag getrek.  “Nonna” verwys na sy vrou, Sally-Anne Kotzé, en handel oor Appel se hart wat op die verhoog, maar ook by sy gesin, hoort.

Maroela Media se Top-40 Afrikaanse liedjies is saamgestel uit die weeklikse Maroela Media Afrikaanse Top-20.

  1. Appel – “Nonna”
  2. Bernice West – “Sonop-blom”
  3. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  4. Riaan Benadé – “Gooi nog ʼn whisky”
  5. Bernice West – “Die hart”
  6. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  7. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  8. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  9. Spoegwolf – “Swart vere”
  10. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  11. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  12. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  13. Jo Black – “Spring”
  14. Elandré – “Dag en nag”
  15. Refentse – “Stormnag”
  16. Janie Bay – “Amper daar”
  17. Spoegwolf – “Heen en weer”
  18. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  19. Jan Jan Jan – “Ek bly ʼn boer”
  20. Francois van Coke – “As ek kon”
  21. Loufi – “Boude”
  22. Appel – “F250”
  23. Karen Zoid met Early B & Neil Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  24. Elvis Blue – “Gee my net ʼn vriend”
  25. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  26. Die Heuwels Fantasties met Ampie – “Ons moet leef”
  27. Brendan Peyper – “Sterk soos ʼn leeu”
  28. Refentse – “Daai deng”
  29. Brendan Peyper, Refentse, Christia Visser & Elandré – “Ons maak saak”
  30. Juanita du Plessis – “Dis tyd”
  31. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  32. Virander – “Sing ʼn Hallelujah”
  33. Dirk van der Westhuizen – “Dirty 30’s”
  34. Len Muller met Stella – “Toevlug”
  35. Juan Boucher met Neil Somers – “In die Bosveld”
  36. Margot – “Tydelike afleiding”
  37. Bernice West – “Kom binne”
  38. Jay & Lianie May – “Dors”
  39. Juanita & Snotkop – “Ruk die dam”
  40. Riaan Benadé – “Helpende hande”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.