Sout van die aarde- Ricus Nel

Dis eintlik snaaks dat Ricus Nel eers onlangs as sanger bekend geword het; hy het jare lank hoofsaaklik as multi-instrumentalis roem verwerf voordat sy eerste album as sanger, Sak en pak, verskyn het en groot sukses behaal het.

Nou is hy terug met sy tweede album, Sout van die aarde. Die eerste snit op die album is ook die eerste treffer, Spyt kom te laat, wat hy saam met Pierre Rossouw en  Marc Brendon en Don Kelly (onderskeidelik Kosie van Niekerk en Ernst Kleinhans van Select) geskryf. Die lirieke laat ‘n mens dink, en ‘n mens kan verstaan hoekom dit so gewild is. Dieselfde span het ook vir die volgende snit, Nog steeds so lief vir haar (die krake op sy hande); hierin sing hy van ‘n egpaar wat al vyftig jaar lank getroud is.

Hopelik sal dit diegene wat aan egskeiding, twee keer laat dink. Skryf jou naam op my hart is nog ‘n goeie snit wat miskien ook ‘n radiotreffer kan word. Ricus het Beskermengel saam met Marc Brendon, Don Kelly en Johan Theunissen geskryf; dit is nog ‘n baie goeie snit met trefferpotensiaal. Joey is een van die hoogtepunte van die album; dit is nog ‘n uitstekende oorspronklike komposisie wat radiolugtyd verdien. Dit lyk asof die country-sanger Don Williams ‘n groot involed op sy loopbaan gehad het.

Ricus het twee van sy treffers ingesluit, en seker die grootste een, You’re my best friend, is die eerste daarvan. Ricus se opname steek glad nie af by die oorspronklike een nie.  In daardie dae is ‘n lekker legendariese snit waarop Ricus ook konsertina speel. Hier is beslis een van die treffers vanaf die album! Ricus is aan die begin getroud met Liza Brönner, die wenner van die onlangse televisie-werklikheidsreeks Jy is my liefling. Hulle sing saam op ie volgende snit, Geen beter tyd as nou. Hulle kan gerus meer gereeld saam sing!

Tasse vol liefde is nog ‘n goeie snit wat gerus oor die radio gespeel kan word. Die tweede Don Williams-treffer wat op die album voorkom, is Amanda, en die gly-kitaar (slide guitar) an die begin klink baie goed. Weer eens staan Ricus nie ‘n tree vir Don Williams terug nie!  Pierre Rossouw het Bosveldliedjie geskryf, en die kitaarwerk is uitstekend, soos ‘n mens van Ricus kan verwag. Weer eens is dit treffermateriaal!

Ricus het ook twee instrumetale snitte ingesluit. Outa in die langpad is natuurlik ‘n baie bekende tradisionele komposisie, en Ricus se kitaarspel is uitstekend. Die grenswag is ‘n bekende komposisie van Ricardo Bornman, wat ook al deur Deon van der Merwe opgeneem is. Sy opname vergelyk baie goed moet die oorspronklike een. Toe hierdie snit vrygestel is, is daar woorde daarvoor geskryf, en ‘n jong sanger het dit opgeneem. Hy is blykbaar kort daarna oorlede, maar niemand kan onthou wie dit was nie.

Ricus het met hierdie album bewys dat hy een van ons land se heel beste en veelsydigste musikante is. Daar is nie één Afrikaanse snit op die album wat nie ‘n oorspronklike komposisie is nie, en dit sê baie van Ricus se integriteit as kunstenaar. Daarom kan hierdie album baie sterk aanbeveel word.

http://www.youtube.com/watch?v=JE906Ih8x0M

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.