Sóveel moet Katy Perry opdok oor gesteelde liedjie

Katy Perry (Foto:
Ali Shaker/VOA)

Die Amerikaanse popster Katy Perry, haar medewerkers en haar platemaatskappy moet meer as $2,78 miljoen (sowat R40,84 miljoen) opdok nadat ʼn federale hof in Kalifornië bevind het dat sy ʼn Christelike kletsrymliedjie gedeeltelik gesteel het vir haar 2013-treffer “Dark Horse”.

Maroela Media het vroeër berig dat Perry se “Dark Horse” en Marcus Gray se “Joyful Noise” aan ʼn jurie gespeel is en dat hulle daarna beslis het dat die spesifieke ritme en musiekfrases van “Joyful Noise” uniek genoeg is dat dit aan kopiereg onderhewig kan wees.

Die bedrag wat Perry en haar span moet opdok, is steeds ver minder as die sowat $20 miljoen (R293 miljoen) wat Gray se prokureurs versoek het. Maar Gray en die twee medeskrywers van “Joyful Noise” het gesê hulle is gelukkig.

“Ons is nie hier om enigiemand te straf nie,” het Gray se prokureur, Michael A Kahn gesê. “Ons kliënte het hierheen gekom om geregtigheid te laat geskied, en hulle voel dat hulle dit reggekry het onder die jurie en hul gemeenskap.”

Perry self sal $550,000 moet opdok, terwyl haar vyf medeskrywers elk tussen $60 000 en $250 000 moet betaal. Die platemaatskappy Capitol Records het die grootste knou gekry met $1,2 miljoen.

Perry se prokureur, Christine Lepera, is van plan om dié beslissing teen te staan.

“Die skrywers van ‘Dark Horse’ beskou die bevinding as ʼn vertrapping van geregtigheid,” het Lepera gesê.

“Die enigste ooreenstemmings is C en B-note wat nie beskerm kan word nie,” het Lepera gesê.

“Dark Horse” was vier weke lank in die nr. 1-posisie op die Billboard Hot 100-lys. Perry het die liedjie ook by die Superbowl tydens ʼn uitspattige vertoning gesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peer ·

Gebeur amper elke dag in musiek dat die een die ander hof toe vat. Niks nuuts nie.

Dark Bollie ·

Ek weet nie wat hulle rook in daai hof nie, want die note struktuur van die gedeelte waaroor die kerk seuns neul oor is nie eers dieselfde nie – ridiculous as jy my vra. Annelie van Rooyen het ‘n beter kans om Bruno Mars te dagvaar vir sy liedjie When I Was Your Man wat ‘n gedeelte bevat wat presies soos haar liedjie Seemeeu (Neem My Saam) klink wat sy in die 80’s uitgebring het.

tg ·

is julle so oor julle koerant dat mens nie iets maar copy om verder op internet te soek oor artikel nie.

tipies afrikaner sindroom

Afrikaner sindroom ·

Nog n afrikanersindroom is om dinge te skryf wat net vir jouself en niemand anders sin maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.