Splinternuwe Liedjie-app: Musiek vir elke oomblik

Só lyk die Liedjie-app op jou selfoon

Só lyk die Liedjie-app op jou selfoon

Liedjie, ʼn splinternuwe musiekstroomdiens wat in app-formaat beskikbaar is, bied jou onbeperkte toegang tot al jou gunsteling Afrikaanse musiek.

Die Liedjie-app bied boonop verskillende speellyste waar jy na hartelus kan kies en keur. Daar is onder andere reeds speellyste saamgestel vir die langpad, Saterdag se braai, die jongspan, jou gunstelingdekade of gunstelingster en selfs daardie ou Afrikaanse musiek wat lankal nie meer beskikbaar is nie.

Dié slimfoon-app, ʼn eerste vir die Suid-Afrikaanse mark, laat jou toe om die liedjies op jou toestel af te laai, wat beteken dat jy selfs aflyn kan luister wanneer jy byvoorbeeld op ons land se paaie sonder internetverbinding reis.

Liedjie is reeds beskikbaar op die Google Play Store en sal na verwagting teen die einde van die maand ook vir iPhone-gebruikers op die App Store beskikbaar wees.

Geniet ʼn 14 dag gratis toetstydperk, waarna jy R49,99 per maand gaan betaal vir onbeperkte luistergenot. Daar is geen verpligtinge nie en jy kan enige tyd kanselleer.

Liedjie het reeds honderde kunstenaars en 630 speellyste waarvan jy kan kies.

Besoek gerus www.liedjie.com vir meer inligting
Besoek die Facebook-blad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Louna Oosthuyzen ·

Ek hou sommer baie van die app. Gaan ons nog meer afrikaanse sangers se liedjies kry soos bv Pieter Koen, Fredi Nest, Jaycee Krause, ens. asb.

Haddad VIljoen ·

Hallo Louna, ons is baie bly jy hou van die app. Ons is besig om met almla te onderhandel, en behoort binnekort jou gunsteling kunstenaars ook te hê. Ons laai elke week nuwe kunstenaars so hou die app dop.
Lekker LIedjie
Haddad

Emile Zaayman ·

Moet ‘n mens ‘n Facebook account he om te kan inteken? Of is daar ‘ ander manier?

Ek is nie op Facebook nie.

Meeste Apps kan jy jou gmail account gebruik om in te teken.

Suzanne ·

Hallo Emile,
Dankie vir jou navraag. Ons is besig om aan die funtionaliteit te werk om met jou e-pos adres te kan registreer sonder dat jy ‘n Facebook profiel het. Ons sal jou beslis op hoogte hou.
Liedjie-groete
Suzanne

j fourie ·

Kry nie liedjie oop nie sodra ek wil aanteken op blou facebook tab dan wil dit facebook goedkeuring he hoe gemaak nou

Suzanne ·

Die volgende twee verstellings moet geaktiveer wees op Facebook om jou toegang tot Liedjie te gee.

Apps-verstelling
Jy moet onder die Apps-verstelling toestemming gee aan 3de party apps en webblaaie om toegang tot jou profiel te verkry.
Ons vermoed dat jou verstelling op Facebook rakende app en games nie geaktiveer is nie.

Hier is die link na daardie afdeling toe. (Dis onder die Apps afdeling onder “Account Settings”)

https://www.facebook.com/settings?tab=applications&section=anonymous

Onder die “Apps, Websites & Plugins” afdeling moet jy kies dat die “enabled” of “On” is.

2. Facebook e-pos verifieering

Binne jou ‘account settings’ op Facebook mag daar ‘n nota wees dat jy jou e-pos moet verifeer. Indien daar nie ‘n nota is nie, stel ons voor dat jy jou adres afhaal (remove) en dan weer ‘add’, sodat Facebook jou dan die opsie gee om jou e-pos te verifieer.

1. Kliek op jou profiel
2. Kliek op Update info (dis ‘n button bo-aan jou blad)
3. Kliek op Contact and Basic Info
4. Opdateer jou e-pos adres.

Liedjie-groete
Suzanne

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.