Liedjie, ʼn splinternuwe musiekstroomdiens wat in app-formaat beskikbaar is, bied jou onbeperkte toegang tot al jou gunsteling Afrikaanse musiek.
Die Liedjie-app bied boonop verskillende speellyste waar jy na hartelus kan kies en keur. Daar is onder andere reeds speellyste saamgestel vir die langpad, Saterdag se braai, die jongspan, jou gunstelingdekade of gunstelingster en selfs daardie ou Afrikaanse musiek wat lankal nie meer beskikbaar is nie.
Dié slimfoon-app, ʼn eerste vir die Suid-Afrikaanse mark, laat jou toe om die liedjies op jou toestel af te laai, wat beteken dat jy selfs aflyn kan luister wanneer jy byvoorbeeld op ons land se paaie sonder internetverbinding reis.
Liedjie is reeds beskikbaar op die Google Play Store en sal na verwagting teen die einde van die maand ook vir iPhone-gebruikers op die App Store beskikbaar wees.
Geniet ʼn 14 dag gratis toetstydperk, waarna jy R49,99 per maand gaan betaal vir onbeperkte luistergenot. Daar is geen verpligtinge nie en jy kan enige tyd kanselleer.
Liedjie het reeds honderde kunstenaars en 630 speellyste waarvan jy kan kies.
Besoek gerus www.liedjie.com vir meer inligting
Besoek die Facebook-blad
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Ek hou sommer baie van die app. Gaan ons nog meer afrikaanse sangers se liedjies kry soos bv Pieter Koen, Fredi Nest, Jaycee Krause, ens. asb.
Moet ‘n mens ‘n Facebook account he om te kan inteken? Of is daar ‘ ander manier?
Ek is nie op Facebook nie.
Meeste Apps kan jy jou gmail account gebruik om in te teken.
Kry nie liedjie oop nie sodra ek wil aanteken op blou facebook tab dan wil dit facebook goedkeuring he hoe gemaak nou