
Spoegwolf (Foto: Spotify)
Spoegwolf se “Cloetesville” verskyn die week op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 op nommer 17. Die liedjie is ook deel van hul aanlyn album, Lente, wat op Lentedag bekendgestel is.
Die Piesangskille se “Inge 2” bly vir eers op die nommer een-posisie.
In vandeesweek se Top-20 is daar vier liedjies wat klim, agt wat hulle plekke verloor, een liedjie wat die week die Top-20 betree en sewe liedjies wat onveranderd bly.
1. Die Piesangskille – “Inge 2”
2. Juanita du Plessis – “Liewe Jinne!”
3. Die Piesangskille – “Lyntjie
4. Appel – “Foute”
5. Barto – “H2Oë”
6. Eloff – “Koue kole”
7. Bernice West – “As Hy weer kom”
8. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
9. Barto – “Impulsief”
10. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
11. Jay – “Stoutgat”
12. Rooksein – “Hey jy”
13. Bobby van Jaarsveld – “Toe, nou en altyd”
14. Appel – “Diana”
15. Appel – “Suikerbos”
16. Janie Bay saam met Elandré – “Die einde”
17. Spoegwolf – “Cloetesville”
18. Droomsindroom – “Jonk en danig”
19. Leon Schuster – “Die Bokmasjien”
20. Kurt Darren saam met Eloff en Ricus Nel – “Kwagga karnaval”
Nuwe uitreikings:

William Wolf (Foto: Spotify)
“Vir ewig” is William Wolf (William Wolfgang Loots) se jongste enkelsnit. Hy het die liedjie self geskryf en dit gaan oor die groot vraag of ʼn verhouding die potensiaal het om vir ewig te duur. “Vir ewig” is ʼn roep na die liefde wat nog altyd daar was, is en sal wees, sê Wolf.
Ná haar duet met Brendan Peyper met “Meisies soos jy”, is Minke Brits terug met ʼn splinternuwe lied uit haar eie pen. Met die lied “Vellies” stel Minke voor dat ʼn kêrel nie noodwendig ʼn meisie hoef te vra om te dans nie, maar dat dit ook andersom gedoen kan word. Volgens Minke is dit ʼn lighartige, goedvoel liedjie.
Ander liedjies wat uitgereik is, is Alouise se “Paar draaie”, Neil Sandilands se “Stilte wat raas”, Brigite Duvenhage se “Bietjie bipolêr”, André Visagie se “Die man”, Van Pletzen se “Dit is wat dit is”, Luzelle se “Fakebook Funk (Waar is die liefde)”, Kevboii saam met Beeskraal se “Kamp saam vriende”, Spoegwolf se “Cloetesville”, Francois van Coke saam met Hanu de Jong se “O, my donner”, Kayla se “Rooi rok”, Ilán van Staden se “SMK (Sondagmiddag knippie)” en Zandri se “Tien teen een”.
* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.