Spoegwolf, Heuwels pryk weer op Top-20

Die Heuwels Fantasties. (Foto: André Badenhorst)

Elvis Blue maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek met sy jongste enkelsnit, “Gee my net ’n vriend”.

Die musiekvideo vir die liedjie, wat ʼn week gelede op YouTube uitgereik is, het Elvis met behulp van sy vrou en twee dogtertjies opgeneem.

Die alternatiewe groepe Spoegwolf en Die Heuwels Fantasties is weer terug op die Top-20 met hul jongste enkelsnitte.

Spoegwolf se “Heen en weer” is vandeesweek in die 17de posisie, terwyl Die Heuwels Fantasties in die 19de plek verskyn met “Ons moet leef”. Die sanger en liedjieskrywer Ampie is saam met die groep in dié liedjie te hoor.

Elandré neem weer hierdie week se no. 1-posisie in met “Die woorde uit jou mond”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar tien snitte wat styg en drie wat daal, vier wat onveranderd bly en drie nuwe enkelsnitte wat hul toetrede tot die top-20 maak.

  1. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  2. Bernice West – “Sonop-blom”
  3. Francois van Coke – “As ek kon”
  4. Loki Rothman – “Op my pad”
  5. Appel – “Nonna”
  6. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  7. Laudo – “Ek kan nie wag”
  8. Karen Zoid ft Early B & Neil Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  9. Riana Nel – “Ewigheid”
  10. Appel – “F250”
  11. Tarryn Lamb & Willem Botha – “ʼn Liefde soos die”
  12. Leah – “Girls night”
  13. Kurt Darren – “Party tyd”
  14. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  15. Jay – “Ry hom soos ʼn rental”
  16. Jan Jan Jan – “Ek bly ʼn boer”
  17. Spoegwolf – “Heen en weer”
  18. Andriëtte – “Druppel in die see”
  19. Die Heuwels Fantasties ft Ampie – “Ons moet leef”
  20. Elvis Blue – “Gee my net ʼn vriend”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.