Spoegwolf klim die trefferleer op Top-20

Spoegwolf. (Foto: Facebook)

Spoegwolf. (Foto: Facebook)

Spoegwolf se “Seile” klim die trefferleer op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 en behou tans die no. 11-posisie. Die musiekvideo vir die liedjie het bykans 91 000 trefslae op YouTube.

Appel se lied “Nonna” bly vir die derde agtereenvolgende week in die no. 1-posisie op vandeesweek se treffersparade.

Ná ʼn suksesvolle 2019 wat treffersparades betref, neem die aanvraag – veral op digitale media – so ʼn klein bietjie af vir Ricus Nel en Snotkop se treffer “Boerepompie”. Dié snit lê vandeesweek in die no. 8-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, sewe wat daal en agt wat onveranderd bly op die week se Top-20.

  1. Appel – “Nonna”
  2. Snotkop – “Pens & Pootjies”
  3. Biggy – “Dames”
  4. Riana Nel – “Sterker”
  5. Refentse – “What a boytjie”
  6. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  8. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  9. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  10. Brendan Peyper, Elandré, Refentse & Christia Visser – “Ons maak saak”
  11. Spoegwolf – “Seile”
  12. Bok van Blerk – “Was”
  13. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  14. Die Heuwels Fantasties -“Jy stel my teleur”
  15. Juanita du Plessis – “Maak dit los!”
  16. Brendan Peyper – “Sterk soos ’n leeu”
  17. Tasché & Francois van Coke – “Vier seisoene kind”
  18. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  19. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  20. Elvis Blue – “Beloofde land”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae