Spoegwolf klim op die Top-20

Spoegwolf. (Foto: Facebook)

Die musiekgroep Spoegwolf neem vandeesweek die negende plek op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in met “Heen en weer”.

Die groep se splinternuwe webwerf, Die Rivier, is onlangs van stapel gestuur en die liedjie is onder meer op dié platform te hoor. Danie du Toit, voorsanger van die groep, het die musiekvideo vervaardig en sy meisie, die Vergeet my nie-aktrise Marguerite van Eeden, is ook hierin te sien.

Bernice West bly in die gesogte no. 1-posisie met “Sonop-blom” terwyl haar jongste enkelsnit “Die hart” etlike plekke klim tot in die vierde plek.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, 11 wat daal en drie wat onveranderd bly.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Appel – “Nonna”
  3. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  4. Bernice West – “Die hart”
  5. Die Heuwels Fantasties ft Ampie – “Ons moet leef”
  6. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  8. Loki Rothman – “Op my pad”
  9. Spoegwolf – “Heen en weer”
  10. Karen Zoid ft Early B & Niel Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  11. Francois van Coke – “As ek kon”
  12. Karen Zoid & Early B – “Deur druk”
  13. Elvis Blue – “Gee my net ʼn vriend”
  14. Juan Boucher – “Ons word een”
  15. Appel – “F250”
  16. Laudo – “Ek kan nie wag”
  17. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  18. Leah – “Girls night”
  19. Jan Jan Jan – “Ek bly ʼn boer”
  20. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.