Spoegwolf maak buiging op treffersparade

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, tien wat daal, vier wat onveranderd bly en een nuwe toetrede.

Die gewilde Afrikaanse rock-groep Spoegwolf betree vandeesweek die treffersparade in die no. 17-posisie met hul enkelsnit “Blou”. Hul jongste album, Koma, het die onlangs die eerste Afrikaanse album geword om die no. 1-posisie op die Apple Music-albumtreffersparade in te neem.

Jo Black behou die no. 1-posisie vir die sesde week met sy enkelsnit “Voel jy die genade”. Sy jongste album met dieselfde titel het binne tien dae nadat dit uitgereik is goue status, met ʼn verkope van 15 000 eksemplare, bereik.

  1. Jo Black – “Voel jy die genade”
  2. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  3. Refentse – “Liefdegenerasie”
  4. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  5. Refentse – “Baie gevaarlik”
  6. Straatligkinders – “Krake”
  7. Ivan Roux – “Daai ding”
  8. Jay & Lianie May – “Siekverlief”
  9. Manie Jackson – “Donker hart”
  10. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  11. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  12. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  13. Arno Jordaan – “Derde wêreldoorlog”
  14. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  15. 4 Werke – “Hart”
  16. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  17. Spoegwolf – “Blou”
  18. Jo Black – “Hallelujah”
  19. Refentse – “Reisiger”
  20. Leah – “Ek mag jou mis”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SM ·

Hulle is so talentvol! Francois en sy broer het ‘n wonderlike restaurant in Stellenbosch – Drum. Sy broer is die Chef en Francois bedien sy gaste en vat elke nou en dan sy kitaar en speel iets. Dit is ‘n belewenis om soontoe te gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.