Die gewilde Suid-Afrikaanse rockgroep Spoegwolf het pas sy jongste enkelsnit en musiekvideo, “Storm”, bekendgestel. Die video het binne 48 uur reeds meer as 9 000 trefslae gehad. Spoegwolf se jongste album, Koma, het onlangs die eerste Afrikaanse album geword om die no. 1-posisie op die Apple Music-albumtreffersparade in te neem.
Juan Boucher betree ook dié week se Afrikaanse Top-20 met “Want jy weet” uit sy jongste album Twaalf rondtes. Joshua na die Reën het ook ’n goeie week agter die rug met die amptelike bekendstelling van sy jongste album, Someraarde.
Elandré bly vir die derde week in die no. 1-posisie met “Vuur op die water”.
In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat klim, sewe wat terugsak, vyf wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies.
- Elandré – “Vuur op die water”
- Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
- Christia Visser – “17 Shots”
- Joshua na die Reën – “Soos in nou”
- Jo Black – “Voel jy die genade”
- 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
- Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
- Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
- Ivan Roux – “Daai ding”
- Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
- Refentse – “Liefdegenerasie”
- Spoegwolf – “Blou”
- Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
- Refentse – “Baie gevaarlik”
- Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
- Corlea – “Onbreekbaar”
- Spoegwolf – “Storm”
- Straatligkinders – “Krake”
- Robbie Wessels – “Patrick Lambie”
- Juan Boucher – “Want jy weet”
Ek was by 1 show, glad nie my smaak nie, so jammer ek sal nie ondersteun nie, maar awesome dat ‘n SA groep so goed doen, baie geluk julle!
Baie geluk Spoegwolf. Puik musiek.