Spoegwolf maak geskiedenis op Top-20

Spoegwolf. (Foto: Marguerite van Eeden Photography)

Spoegwolf se jongste enkelsnit, “Swart vere”, is Maandag met ʼn splinternuwe musiekvideo op YouTube bekendgestel. Hoewel die liedjie nog nie op ander aanlyn platforms beskikbaar is nie, is die video reeds ʼn merkwaardige 17 000 keer in minder as 24 uur gekyk.

Dit oortref die aantal liedjies wat vandeesweek op platforms soos iTunes en Joox gestroom is en daarom betree dié snit vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek.

Dit is die eerste keer dat ʼn liedjie wat slegs op een platform beskikbaar is, toegelaat word op die Top-20. “Swart vere” sal in Spoegwolf se nuwe album, Wind, verskyn. Die album word op 1 September uitgereik.

Brendan Peyper se jongste enkelsnit, “Vasdanslyf”, maak vandeesweek sy buiging op die treffersparade in die 17de posisie.

Len Muller en Stella se nuwe enkelsnit, “Toevlug”, maak sy toetrede tot die Top-20 in die 19de plek.

Bernice West se eerste enkelsnit, “Sonop-blom”, bly vir eers weer in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie snitte wat styg, twee wat daal, 12 snitte wat onveranderd bly en drie nuwe enkelsnitte.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  3. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  4. Bernice West – “Die hart”
  5. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  6. Francois van Coke met Jan Blohm – “Die toekoms”
  7. Appel – “Nonna”
  8. Die Heuwels Fantasties met Ampie – “Ons moet leef”
  9. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  10. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  11. Loufi – “Boude”
  12. Ruhan du Toit – “Lewe red”
  13. Robbie Wessels – “Plaasjapie”
  14. Dirk van der Westhuizen – “Dirty 30’s”
  15. Spoegwolf – “Heen en weer”
  16. Robbie Wessels & Liezel Pieters – “Iemand daarbo”
  17. Brendan Peyper – “Vasdanslyf”
  18. Francois van Coke – “As ek kon”
  19. Len Muller met Stella – “Toevlug”
  20. Spoegwolf – “Swart vere”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.