Spoegwolf terug op Top-20

Spoegwolf.

Spoegwolf se jongste enkelsnit, “Bring my geweer”, betree hierdie week die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 10de plek.

Danie Reënwolf, hoofsanger van die groep, het die liedjie geskryf en Albert, wat kitaar speel vir die groep, spog met sy kletsrymvernuf op dié snit.

“Bring my geweer” verskyn in Spoegwolf se nuwe album, Droombrief, wat nou beskikbaar is.

Riaan Benadé en Jay se lied, “Rowwe bliksem”, bly vir eers in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, 12 wat daal, drie wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat sy toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Riaan Benadé & Jay – “Rowwe bliksem”
  2. Eloff – “Johnnie blou”
  3. Franja du Plessis – “Bring dit”
  4. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  5. Riaan Benadé – “Spontaan”
  6. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  7. Eloff – “Geheueverlies”
  8. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  9. Appel – “Dina”
  10. Spoegwolf – “Bring my geweer”
  11. Ruhan du Toit – “Ter wille van ons kinders”
  12. Bernice West – “Dink aan jou”
  13. Kurt Darren – “Meisiesfontein”
  14. Brendan Peyper – “Stop die wêreld ek wil afklim”
  15. Reën – “Vakansie op die platteland”
  16. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  17. Irene-Louise van Wyk – “Maak ’n plan”
  18. Bernice West – “Hemel op aarde”
  19. Franja du Plessis – “My lief”
  20. Wikus Botma – “Brannewynlippe”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings:

Jolanda Fouché het as klein dogtertjie gereeld met die haarborsel voor die spieël gestaan en sing en nog altyd daarvan gedroom om voor mense op te tree.

Haar debuutenkelsnit, “Tree vir tree”, is pas uitgereik. Dié sangeres som haar musiekstyl op as “klassieke rock, met ’n bietjie country”.

Volgens Jolanda motiveer “Tree vir tree” luisteraars om kanse aan te gryp wat die lewe hulle bied.

Ander liedjies wat ook die week bekendgestel is, sluit in Marius D se “Dou voor die dagbreek”, Christopher Branders se “Sonneblom”, Wikus Botma se “Proe soos nog” en Spoegwolf se “Bring my geweer”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.