Jak de Priester is genader om ‘n feeslied te skryf vir die herdenking van die Voortrekkers se 85ste bestaansjaar. Die liedjie handel oor die natuurlewe en allerlei aktiwiteite wat eg is aan die Voortrekkers se karakter van spanbou, wat ook in die video uitgebeeld word.
Die Sporelied is reeds op die speellyste van verskeie radiostasies en verskyn reeds op die meeste stasies se treffersparades. Die lirieke en melodie is deur Jak de Priester geskryf en Beeskraal het dit opgeneem en verwerk. Die lied is opgeneem en vervaardig deur Tertius Botha en Charles Smidt.
Die video vir die Sporelied is by die Voortrekkermonument gemaak deur VHP en beeld die Voortrekkers se aktiwiteite uit. Gaan kyk gerus daarna op die YouTube skakel, of laai die liedjie op mp3 af.