Spotify, die wêreld se grootste musiekstromingsdiens, is nou ook in Suid-Afrika beskikbaar.
Dié webtuiste het Maandagmiddag afgeskop en dit bied aan alle nuwe gebruikers ’n 30-dag gratis proefperiode.
Wanneer die proefperiode verby is, kos dit R59,99 per maand om op Spotify se Premium-pakket in te teken. Indien jy nie by die Premium-pakket wil aansluit nie kan jy steeds verniet voortgaan, maar jy sal beperkte toegang hê en ook na advertensies moet luister. Vir volle toegang en beter gehalte is die Premium-pakket nodig.
Die prys wat jy vir Spotify sal betaal, is mededingend met plaaslike opsies soos Google Music, Apple Music, Deezer en Simfy Africa. Dit is ook beskikbaar op Spotify se app., maar is tot dusver slegs op Android-selfone beskikbaar.
Spotify dien ’n gemeenskap van amper 160 miljoen gebruikers wêreldwyd, met 71 miljoen betalende Premium-intekenaars.
Spotify bied ook toegang tot podsendings en video’s.
“…maar is tot dusver slegs op Android-selfone beskikbaar” is nie korrek nie. Dit werk op ander platforms – soos Windows, iPhone, Amazon Echo toestelle en ander Android toestelle – ook.
So tussen spotify en plaaslike afrikaanse radiostasies sal jacaranda as propagandaseepboks hopelik gou stil wees.