Staccatos ‘rock’ weer ná 50 jaar

The Staccatos (Foto: Verskaf)

Die legendariese rockgroep The Staccatos sal eersdaags weer saam op die verhoog te sien wees vir hul Staccatos Revival Show.

Liedjies soos “Cry to me”, “Butchers & Bakers” en “Come back silly girl” kan aanhangers in ʼn oogwink terugneem na die 1960’s en die sjarmante Staccato-manne wat hul unieke energie na die verhoog bring.

“Styl, ʼn oorvloed sjarme, ʼn tikkie humor en hemelse stemme” is wat konsertgangers kan verwag.

“Die manne is terug en hulle beweeg met gemak tussen genres. Hulle vat jou op ʼn sentimentele reis deur die dekades en sing hul gunstelingliedjies van alle tye, wat beloof om hartsnare te roer,” lui ʼn verklaring oor dié groep se terugkeer na die verhoog.

Die konsert spog met Steve Ashley wat sing, Brian le Gassick wat sing en kitaar speel, asook ʼn vierstuk-orkes deur Vincent Duy Chenne (klawerbord en sang), Cuan de Chenne (tromme), Steve Crozet (baskitaar) en Tienie Smith (kitaar en sang).

Ashley het vroeër aan Maroela Media gesê hy voel steeds goed ná 50 jaar in die bedryf en dat sy stem nou beter is as ooit tevore. Hy skryf sy fut toe aan goeie gesondheid.

Steve Ashley“Ek het nooit saam met die ander rockers gedrink of gerook nie en nog nooit eens met dwelms geëksperimenteer nie. Toe ek jonger was, het ek die hele rocker-ding gedoen – ek het my hemp uitgetrek op die verhoog – want ek het geoefen en goed gelyk. Ek was nie altyd so lelik nie,” het hy geskerts.

“Ek weet nie of ek onrealisties is nie, maar ek glo ek kan nog so tien jaar aangaan met die musiek te oordeel na my stem. My stem is nou die beste wat hy nog ooit was.”

Volgens Ebeth Loots, die groep se bestuurder, het die komende vertoning pragtige melodieë en lirieke gevul met nostalgie. “Bekende ou treffers sowel as nuwe liedjies sal help om die gehoor aan te gryp,” sê sy.

The Staccatos Revival Show sal liedjies van onder meer Elvis Presley, Brian Adams, The Beatles, Bee Gees, Led Zeplin, Michael Bolton, Robben Ford en The Staccatos se eie treffers ook na die verhoog bring.

The Staccatos Revival Show sal op 12 Julie by die Centurion Teater, op 3 Augustus by Silverstar Barnyard in Krugersdorp en op 17 Augustus by Vereniging Barnyard te sien wees. Vir meer inligting besoek hul Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Justice ·

Dis fantasties hoe “moes-al-dood-wees-maar-ek-dink-nog-een-show-in-Suid-Afrika” sangers hul verskyning maak,…om die pensioenfonds n hupstoot te gee vir oulaas…
Dankie vir julle, onthou die kierie..

Riaan ·

Die man hoor sing n maand terug by die outdoor expo ,wat n stem aan hom. Hoekom het die band nie aanhou sing nie.Voor my tyd maar sal hulle show graag wil gaan kyk

Anja van der Merwe ·

Dagsê Spatare

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit moet inderdaad 12 Julie wees. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Anoniem ·

Dit is musiek wat dateer uit ‘n wonderlike era. Ek is so bly dat hulle beskikbaar en in staat is om nog konserte aan te bied. Klaar my kaartjies gekoop. Kan nie wag om dit te beleef nie.

Willem van der Merwe ·

Hulle moet al by of in die sewentigs wees of is die na vyftig jaar verkeerd?

Krummel ·

Cry to me – na al die jare nog die mooiste, mooi lied gehoor. Ek voel nog steeds opgewonde as ek dit hoor oor die radio. Het ook nog die solo sewe daarvan. Tydloos.

Anita ·

Kom Kaaptoe asb??? Ek wil so graag Cry to me in n live show beleef!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.