Statistiek en rekords van Afrikaanse treffers op Springbok Radio se Top 20/30 (1965-1984)

Springbok Radio Afrikaanse treffersHoogste plek toegetree:

Die oukraalliedjie- Groep 2 (nr. 13- 10 Maart 1967)
Ek verlang na jou- Sonja Herholdt (nr. 14- 25 Julie 1975)
Royal hotel- David Kramer (nr. 14, 18 Desember 1981)
Sonbrilletjies- Al Debbo (nr. 15- 25 Oktober 1968)
Oliekolonie- Boet van Wyk Orkes (nr. 16- 5 Mei 1967)
Kruidjie-roer-my-nie- Anton Goosen (nr. 16- 13 April 1979)

Hoogste plek uitgesak:

Die oukraalliedjie- Groep 2 (nr. 15- 23 Junie 1967)
Kruidjie-roer-my-nie- Anton Goosen (nr. 17- 27 Julie 1979)
Sonbrilletjies- Al Debbo (nr. 17- 13 Desember 1968)

Hoogste plek behaal:

Die gezoem van die bye- Des Lindberg (nr.1- 20 tot 27 Mei 1966)
Ramaja- Glenys Lynne (nr. 1- 20 Augustus tot 3 Sptember 1976)
Die oukraalliedjie- Groep 2 (21 April 1967)
Daar’s niks soos ware liefde- Groep 2 (24 September tot 8 Oktober 1971)
Sonder jou- Ian en Dix (27 Augustus tot 3 September 1976)
Kinders van die wind- Laurika Rauch (nr. 3- 12 tot 26 Oktober 1979)
Vyfster- Lloyd Ross (1 April 1983)

Meeste plekke gestyg:

Groen en goud- The Bats (7 plekke, van 20 na 13- 19 Julie 1968)
Jou hart is weer myne- Heintjie Simons (7 plekke van 13 na 6, 23 Mei 1975)
Sonder jou- Ian en Dix (7 plekke van 15 na 8- 13 Augustus 1976)
Royal hotel- David Kramer (7 plekke van 14 na 7 op 25 Desember 1981)
Jou hart is weer myne- Heintjie Simons (6 plekke van 19 na 13, 16 Mei 1975)
Ek verlang na jou- Sonja Herholdt (6 plekke van 14 na 8, 1 Augustus 1975)
Kinders van die wind- Laurika Rauch (6 plekke van 17 na 11 op 21 September 1979)
Vyfster- Lloyd Ross (6 plekke van 14 na 8 op 25 Februarie 1983)

Meeste plekke gedaal:

Vyfster- Lloyd Ross (10 plekke van 10 na 20 op 20 Mei 1983)
Die oukraalliedjie (7 plekke van 5 na 12 op 5 Mei 1967)
Ramaja- Glenys Lynne (7 plekke van 13 na 20 op 22 Oktober 1976)
Die gezoem van die bye- Des Lindberg (6 plekke van 11 na 17 op 8 Julie 1966)
Vicki- Lance James (6 plekke van 7 na 13 op 25 Junie 1971)
Haai casanova- Glenys Lynne (6 plekke van 11 na 17 op 16 Augustus 1974)
Sewe sakke sout- Anneli van Rooyen (van 14 na 20 op 23 Julie 1982)

Meeste weke op die Top 20

Vyfster- Lloyd Ross (19 weke)
Daar’s niks soos ware liefde- Groep 2 (18 weke)
Ramaja- Glenys Lynne (16 weke)
Kruidjie-roer-my-nie- Anton Goosen (16 weke)
Die oukraalliedjie- Groep 2 (15 weke)

Meeste Top 20-treffers as kunstenaar:

Al Debbo (3: Baas Jack, Sonbrilletjies, Die tantes van Nantes)
Groep 2 (3: Die oukraalliedjie, Daar’s niks soos ware liefde, Dink jy darem nog aan my?)
Glenys Lynne (3: Haai Casanova, My hart het ‘n kleine venster, Ramaja)
Cora-M arie (2: Gee haar ‘n roos, Gee vir my ‘n bietjie country)
David Kramer (2:Royal hotel, Stoksielalleen)
Lance James (2: Dankie, Vicki)

Meeste Top 20-treffers as liedjieskrywer:

Anton Goosen (3: Tot siens auf wiedersehen- Vicki du Preez- saam met Tinus Esterhuizen, Hoeka toeka- Carike Keuzenkamp, Kruidjie-roer-my-nie- Anton Goosen)
Jan de Wet (2: Ek verlang na jou- Sonja Herholdt, Sonder jou- Ian en Dix)
Pieter Britz (2:Gee haar ‘n roos- Cora-Marie, Gee vir my ‘n bietjie country- Cora-Marie)
David Kramer (2: Royal hotel- David Kramer, Stoksielallen- David Kramer)

Temaliedjies van rolprente en televisiereekse wat die Top 20 gehaal het:

Die tantes van Nantes- Al Debbo (Die geheim van Nantes)
Vicki- Lance James (Vicki)
Heidi- Herbie en Spence (Heidi)
Kinders van die wind- Laurika Rauch (Phoenix en Kie)
Vyfster- Lloyd Ross (Vyfster)
Trans-Karoo- Herman Holtzhausen (Trans-Karoo)

Meeste weke op die Top 20 sonder om die eerste vyf te haal:

Kruidjie-roer-my-nie- Anton Goosen (16 weke; hoogste plek nr. 10)
Haai casanova- Glenys Lynne (13 weke; hoogste plek nr. 7)
Royal hotel- David Kramer (12 weke, hoogte plek nr. 7)
Groen en goud- The Bats (9 weke, hoogste plek nr. 7)
Jou hart is weer myne- Heintjie Simons (9 weke, hoogte plek nr. 6)
My klein witte duifie- Tamaletjie (9 weke, hoogste plek nr. 9)

Meeste weke op die Top 20 sonder om die eerste tien te haal:

Heidi- Herbie en Spence (10 weke, hoogste plek nr. 13)
Gee vir my ‘n bietjie country- Cora-Marie (9 weke, hoogste plek nr. 12)
Groen koringlande- Ben E. Madison (7 weke, hoogste plek nr. 11)
Die tantes van Nantes- Al Debbo (7 weke, hoogste plek nr. 11)
Weltevrede stasie- The Bats (6 weke; hoogste plek nr. 15)

Afrikaanse treffers wat net een week op die Top 20 was:

Maar in Amerika- Roy Memphis (nr. 17 op 14 Julie 1972)
Dink jy darem nog aan my?- Groep 2 (nr. 20 op 17 November 1972)
Ek verlang nog altyd- Mynie en Jan (nr. 20 op 24 Augustus 1973)

Kunstenaars wat die Top 20 met Afrikaanse- en Engelse snitte gehaal het:

Des Lindberg (Engels: Ramblin’ boy, Afrikaans: Die gezoem van die bye)
The Bats (Engels: Shabby little hut, Who’s that girl, That’s how I feel, Rebecca Stein, Afrikaans: Groen en goud, Weltevrede stasie)
Lance James (Engels: What’s your mama’s name, After the fire is gone- saam met Barbara Ray, Afrikaans: Dankie en Vicki)
David Kramer (Engels en Afrikaans: Haak hom Blokkies, Afrikaans: Royal hotel, Stoksielalleen)

Treffers wat in Afrikaans en Engels op die Top 20 was:

Liefde is my nooi se naam- Billy Forrest (nr . 19; toegetree op 8 Februarie 1974- oorspronklik Heaven is my woman’s love- Tommy Overstreet)
Net soos ek die telefoon neersit- Caroline du Preez (nr. 17; toegetree op 25 Julie 1975- oorspronklik As soon as I hang up the phone- Conway Twitty en Loretta Lynn)
My klein witte duifie- Tamaletjie (nr. 9, toegetree op 26 September 1975- oorspronklik Paloma blanca- George Baker Selection)
Heidi- Herbie en Spence (nr. 13; toegetree op 23 Junie 1978- oorspronklik Heidi- Peter Lotis)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

Danie ·

Ek soek asb die treffer in afrikaans of die nommer een afrikaanse liedjie op 25 oktober 1974. My vrou word 40 hierdie maand en ek wil haar bietjie bederf deur te wys wat alles gebeur het en aan die gang was op die dag. Maar ook dat sy die belangrikste event van my lewe was daai dag toe sy gebore is vir my en my kinders.

Baie dankie aan enige iemand wat kan help

Daantjie Dinamiet ·

Hallo Danie
Daar was ongelukkig nie Afrikaanse liedjies op Springbok Radio se Top 20 daardie week nie, mar die grootste Afrikaanse treffer van daardie jaar was Haai casanova van Glenys Lynne, wat van Mei tot Augustus 1974 op die Top 20 was. Ek sal egter kyk of ek die volloedige Top 20 van daardie week vir jou kan opspoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.