Stem vir jou gunstelingfees!

Feesgangers geniet die kosstalletjies op die Aardklop-feesgronde (Foto: Aardklop)

Die kykNET Fiëstas is op soek na die gewildste kunstefees van 2017 – en jóú stem tel.

Benoemings vir die gewildste Suid-Afrikaanse fees het vandeesweek geopen en is nog tot 30 November om middernag oop.

As die klop van Aardklop op Potchefstroom jou dus meegevoer het, die musiek by Innibos in Nelspruit en die woordkuns by die Woordfees op Stellenbosch jou na ʼn ander wêreld laat ontsnap het, of die plaaslike gemeenskap se kunstefees jou laat smul het soos nog nóóit vantevore nie, kan jy nou dié fees uitsonder.

Die amptelike benoemings vir die 2018 Fiëstas word op 1 Desember bekend gemaak.

Die topvier-kunstefeeste in die land wat uiteindelik sal meeding om die kroon, word op 5 Desember bekend gemaak.

Lede van die publiek kry vanjaar ook vir die eerste keer die geleentheid om dié toekenningsaand by te woon wanneer kaartjieverkope op 4 Desember open.

Die Fiëstas word op 8 Februarie regstreeks op kykNET uitgesaai vanuit die Teatro by Montecasino in Johannesburg.

Besoek die kykNET-webwerf om vir jou gunstelingfees te stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.