Steve en vriende se nuwe aanlyn konsert vier Afrikaner-erfenis

Steve Hofmeyr. (Foto: Joanne Olivier Photography)

Steve Hofmeyr en ’n hele klomp van sy musikantvriende sal in September vanjaar ʼn groot aanlyn konsert genaamd Monumentaal ter viering van die Afrikaner-erfenis aanbied.

Tien gewilde Afrikaanse sangers sluit by Hofmeyr aan om Afrikaner-trots opnuut met hul musiek aan te wakker – Bok van Blerk, Ricus Nel, Gerhard Steyn, Ruhan du Toit, Jay, Dewald Wasserfall, Adam Tas, Ghapi, Ivan Roux en Riaan Benadé.

“In hierdie jaar waarin ons [Afrikaners se] monumente, taal, erfenis en oorlewing minder aandag as ooit tevore kry, moet ons monumentale dinge doen,” sê Hofmeyr oor die doel van dié aanlyn konsert.

Ruhan du Toit, wat in Julie die snit “Monumentaal” uitgereik het, beaam dit. “Dit is belangrik dat ons die verlede onthou en met trots ons erfenis vier. Só kan ons met geloof aan ’n toekoms bou.”

Barry Pretorius, vervaardiger van groot konserte soos die Innibos Kunstefees se hoofverhoogkonsert en die Lexus Classics, is ook die regisseur van Monumentaal.

“Ons doel met die konsert is om in hierdie uitdagende tye net vir ’n slag weer te ontspan, te ontvlug en ook om te onthou dat daar altyd hoop is. Om dit te kan doen met die viering van musiek, huldeblyke aan ons monumente en boonop in die mooiste taal ter wêreld, maak hierdie konsert besonder spesiaal,” sê Pretorius.

“Hierdie gaan die grootste aanlyn konsert wees wat nóg in Afrikaans aangebied is. Ek kan nie wag vir Afrikaanse mense reg oor die wêreld om die geleentheid te hê om saam met ons die konsert te geniet en hul erfenis te vier nie. Ek doen ’n beroep op mense om kaartjies te koop – hulle het net een kans om hierdie konsert te sien.”

Monumentaal word op 24 September regstreeks van 17:00 tot 19:00 op Afrikaans is Groot se INbly-konsertplatform aangebied.

Kaartjies kos R120 en is beskikbaar by Computicket. Kaartjiehouers moet seker maak hulle skakel in soos die tye aandui, anders gaan hulle die konsert misloop.

My volgende maandelikse aanlynkuier is saam die manne. Vier jou erfenis, met trots, want jou storie is monumentaal! Saam met my en 10 van my musiekpelle op 24 September, vir 'n eenmalige, regstreekse #INbly-konsert. Kry jou kaartjies nóú, slegs by Computicket. Klik hier: https://bit.ly/Monumentaal2020 Vertel my ook wat jy dink my mees monumentale liedjie is, dan sing ek hom vir jou.Dank aan Laeveld Agrochem, Helpende Hand en PretoriaFM, al drie ou vrinne van ons bedryf.*Ek haat om van my kennisse in die koerante te lees. So jammer Erna. Jul tweede aanval. Wat julle nie moet deurgaan nie. Watter halfmens skiet 'n Yorkie met 'n swaar kaliber pistool? Wie is hierdie gedrogte in ons samelewing? Is hierdie die lae frekwensie burgeroorlog? Want dit intensifiseer. Niemand en niks is meer veilig nie. *Soos met Hartswater, vra die boere van Soekmekaar omgewing vir ondersteuning vandag wanneer die aanvallers (van die Jouberts) om parool aansoek gaan doen. Indien jy nie in persoon kom betoog nie, dan wel virtueel, of aanlyn. Dat die aanvallers, mensvarke eintlik, enigsins in aanmerking kom vir vryheid, is ironies, want hulle het goeie mense se gees en geheue vir altyd aan bande gelê.*Gepraat van 'n Yorkie, ek het my 'verlore kouse' probleem opgespoor. Nie eers die stomme Zondo-kommissie sal dié een oor die hoof kan sien nie. Klein wetter dra al my kouse na die buurvrou toe.*Toekomsvonk stoom voort. Dankie aan my span wat eenvoudig nooit opgee nie en dankie aan die wat kan, wat steeds skenk. Cyril, DIT is wat mens met ander mense se hulpgeld doen. Jy steel nie biljoene nie. Jy help. Hierdie is ons nie-winsgewende voorreg:ToekomsVonkFNBRek no 62726214729Takkode 250655*Ek ondersteun alle pogings tot selfbeskikking. Dit sal jammer wees as die Cape Independence Advocacy Group, VVA, CapeXit, Cape Party, ens. mekaar ondermyn. Selfbeskikking kan nie duideliker uitgespel word as in ons eie grondwet nie (Art 235). Iemand moet dit vir ons regkry.*Ek het gister 5 gedoen en sal vandag 2 doen. Ek stuur vir jou geliefde 'n videoboodskap. Dis eintlik lekker. En maklik. Dankie dat jy my deel maak van jou spesiaalste dae. Navrae by leeza@stevehofmeyr.co.za te eposof WhatsApp by 0827273218.

Posted by Steve Hofmeyr on Thursday, August 13, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bonita ·

Die 24ste is ‘n Donderdag. Meer van ons sal kan kyk as dit aanskuif na Vrydag die 25ste en ook ‘n bietjie later begin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.