Steve Hofmeyr maak toetrede tot Top-20

Steve Hofmeyr is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Ek kort”. Volgens Hofmeyr het ’n goeie vriend eendag vir hom gesê hy “sien reg deur hom” en dat sy prioriteite verkeerd is en stippel toe uit wat hy dink fout is in Hofmeyr se lewe. Hy het dit in “Ek kort” saamgevat, sê hy.

“Vier maande van grendelstaat was seker oorgenoeg tyd vir liedjies en boeke skryf het almal gesê, maar ek was in ’n staat van wanhoop. Ek het net een lied geskryf en vir myself gesing – oor en oor – en dis dié een.”

Elandré se nuwe enkelsnit “Dag en nag” neem vandeesweek se nr. 1-posisie in.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, sewe wat daal, vyf wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat die week sy toetrede maak.

  1. Elandré – “Dag en nag”
  2. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  3. Bernice West – “Sonop-blom”
  4. Spoegwolf – “Swart vere”
  5. Bernice West – “Die hart”
  6. Appel – “Nonna”
  7. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  8. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  9. Jo Black – “Spring”
  10. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  11. Margot – “Tydelike afleiding”
  12. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  13. Loufi – “Boude”
  14. Juanita & Snotkop – “Ruk die dam”
  15. Francois van Coke met Jan Blohm – “Die toekoms”
  16. Gerhard Steyn – “Groter as Goliat”
  17. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  18. Len Muller met Stella – “Toevlug”
  19. Brendan Peyper – “Vasdanslyf”
  20. Juan Boucher met Neil Somers – “In die Bosveld”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Belinda

Baie mooi en waar Steve!

Snowball

So uit die hart en pen soos net Steve Hofmeyr kan.

MJ

Beautiful !!!

Schalk

Beste kunstenaar in elk geval. Gebruik wonderlike afrikaans en sy musiek klink nie of dit onder ‘n lapa opgeneem is nie.