Die “hele wêreld” gons oor Steve Hofmeyr se jongste album, het Ewald Coleske Maandagaand by ʼn Afrikaans is Groot-funksie in Pretoria laat hoor – daarom het dié album goue status behaal nog voor dit in winkels te koop is.
Hofmeyr is Maandagaand tydens die Afrikaans is Groot-handelsmerk se tiende verjaarsdagviering met ʼn toekenning vir dié mylpaal bekroon.
Die album, Skree, is die sanger se 30ste album.
Hofmeyr het aan Maroela Media vertel hy het dié aankope glad nie verwag nie en “is werklik dankbaar”. “Dit het jare laas met my gebeur dat vooraf-aankope die CD deur die goudmerkie (15 000) stuur voordat dit die winkels tref. Daar’s ’n mooi verwagting geskep vir die album, maar dit is ook die eerste keer in vyf jaar wat ek weer bietjie komponeer en skryf aan 13 spiksplinternuwe oorspronklike werke,” vertel hy.
Hy het tydens die funksie gespot Skree is die eerste album in ʼn “lang tyd” wat nie enige teenkanting gehad het nie. Dit is egter darem nie heeltemal waar nie, spot hy – sy vorige album, Country, het ook geen rumoer veroorsaak nie. Dié album het boonop dubbel-platinumstatus behaal en was verlede jaar een van die topverkopers in Suid-Afrika.
“Ek dink die vreeslike geraas oor wie wat mag sing of sê is effe verby. Niemand is toe oorlede van ‘Die Stem’ nie en my verhoudinge met Suid-Afrikaners het nie verander nie. Ek is lief vir Suid-Afrikaners ongeag wat hulle my noem, en meeste weet dit.”
Die sanger het verlede week Sefako Makgatho-rylaan (voorheen Zambesi) tot stilstand gebring toe hy die musiekvideo vir die liedjie “Feeslied” vanaf dié album in spitsverkeer in ʼn paar uur geskiet het. Dié video is al bykans een miljoen keer gekyk.
Hofmeyr het gesê dis bykans asof hy weer van voor geleer het om ʼn album aanmekaar te sit met Skree. “Dit was ʼn nuwe proses omdat ek dit met ʼn nuwe span gedoen het, en hierdie keer besit ek my eie album. Daai klomp pro’s by Coleske Artists het uitmuntende werk gelewer. Skree, ná al die lawaai en foefies, is ʼn kwaliteit-CD. Ek glimlag heeldag omdat ek nog hier is, ná 30 jaar nog kreatief is en deur die publiek gedra en verdra word,” vertel hy.
Skree sal later vandeesmaand in winkels beskikbaar wees. Vir meer inligting, besoek Hofmeyr se Facebook-blad.
Mooi so, Steve, hartlik geluk. Ek wag al hoeka dat jy weer bietjie van jou eie oorspronklike musiek en lerieke vrystel. Ek hoop daar is ten minste weer een of twee groot treffers soos Pampoen op. Kan nie wag om te luister nie.
Wow! Love it! Dankie, Steve. You still have what it takes. Ek gaan DEFINITIEF jou CD koop vir ‘n Kersgeskenk. Well done, broer!
Wow!Hy verdien dit!!
Fantasties, baie geluk Steve! Jy bly my super sanger en super hero! Wel gedaan!!
Sien baie uit na die cd en sy show more aand in Bloem. Leke Steve
Mooi so Steve. Veels geluk. Ek bewonder jou al vir baie jare. Jou sang talent, jou geaardheid is pragtig. en onthou, Jesus het jou nommer.
Stevie, jy’s n lekkerrrrrr ding! Kan nie wag vir daai cd nie! ♡
Inderdaad ou Steve, jy bly maar geliefd onder jou mense!!!!!!
Baie geluk Steve, jy verdien dit.
Well Done Steve! Congratulations!
Baie geluk! Die Here sorg vir Sy kinders!!!!
Goed gedoen, kan nie wag om myne te koop, asook die boek.
Nou ja Steve. Daar doen jy dit weer. Awesome en nogmaals awesome. Welgedaan. Gaan beslis hierdie nuwe CD deel van my versameling maak.
Awesome! Baie geluk Steve.