
Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay du Plessis en Ruhan du Toit het saam die lied ‘Die land’ opgeneem. (Foto: Facebook)
Vyf van Suid-Afrika se gewildste sangers het kragte saamgesnoer om ʼn splinternuwe enkelsnit getiteld “Die land” op te neem.
Steve Hofmeyr, Jay du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk en Ruhan du Toit van Touch of Class-faam se jongste snit poog om ʼn boodskap van hoop aan luisteraars te bring. Dié vyf kunstenaars het elkeen ʼn lusmaker van die liedjie op hul sosialemediaprofiele gedeel.
Volgens Jana de Beer, bemarkingsbestuurder van Coleske Artists, stel die lied ʼn paar vrae rondom ons nageslag en wat ons vir hulle gaan nalaat.
“Uiteindelik gaan ons vir hulle agterlaat wat God vir ons gegee het. Die son, see en die land. Ons sal aanhou om die vlag te swaai en ons sal nie opgee nie, want ons wil die land vir ons kinders oorlaat. Die finale boodskap van die lied is hoop en dat dit ons álmal se land is.”
Die lied wat aan die einde van September eksklusief beskikbaar gaan wees in die Afrikaans is Groot Vol. 11-album, gaan ook by vanjaar se Afrikaans is Groot-konserte te hoor wees.
Die musiekvideo vir die liedjie sal ook op 15 September op Jukebox op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.
Kyk hier na die lusmaker.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
sjoe… dankie vir die onderskrifte saam met die musiek…
hartseer woorde, en laat mens ook dink
Sjoe, dit is n kragtoer in Afrikaans!
Sjoe, dis sooo hartroerend mooi…….die woorde en die manne wat dit sing! Is nou so na aan trane! Beslis ‘n groot treffer.
Diep baie diep mooi woorde raak mens aan die hart! Baie dankie aan hierdie fantastiese sangers!!
Sing sing en glo sonder ophou
of darem nie nou,
miskien later
na die Werk kla is.
Dankie