Steve, Jay, Bobby, Bok en Ruhan sing liedjie saam

Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay du Plessis en Ruhan du Toit het saam die lied 'Die land' opgeneem. (Foto: Facebook)

Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay du Plessis en Ruhan du Toit het saam die lied ‘Die land’ opgeneem. (Foto: Facebook)

Vyf van Suid-Afrika se gewildste sangers het kragte saamgesnoer om ʼn splinternuwe enkelsnit getiteld “Die land” op te neem.

Steve Hofmeyr, Jay du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk en Ruhan du Toit van Touch of Class-faam se jongste snit poog om ʼn boodskap van hoop aan luisteraars te bring. Dié vyf kunstenaars het elkeen ʼn lusmaker van die liedjie op hul sosialemediaprofiele gedeel.

Volgens Jana de Beer, bemarkingsbestuurder van Coleske Artists, stel die lied ʼn paar vrae rondom ons nageslag en wat ons vir hulle gaan nalaat.

“Uiteindelik gaan ons vir hulle agterlaat wat God vir ons gegee het. Die son, see en die land. Ons sal aanhou om die vlag te swaai en ons sal nie opgee nie, want ons wil die land vir ons kinders oorlaat. Die finale boodskap van die lied is hoop en dat dit ons álmal se land is.”

Die lied wat aan die einde van September eksklusief beskikbaar gaan wees in die Afrikaans is Groot Vol. 11-album, gaan ook by vanjaar se Afrikaans is Groot-konserte te hoor wees.

Die musiekvideo vir die liedjie sal ook op 15 September op Jukebox op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.

Kyk hier na die lusmaker.

Ek is baie opgewonde om die lusmakertjie van my, Steve Hofmeyr, Bobby Van Jaarsveld, Bok van Blerk en Ruhan Du Toit se nuwe liedjie, Die Land, met jou te deel. Ons wil regtig 'n ware boodskap van hoop aan jou bring. Die Land gaan ook by vanjaar se Afrikaans is Groot-konserte gesing word, so maak seker jy het kaartjies. Einde September is die liedjie eksklusief beskikbaar op die Afrikaans is Groot Vol. 11-album. Kyk uit vir die musiekvideo wanneer dit op 15 September, op Jukebox, kykNET, gewys gaan word. Deel dié lusmaker solank met jou vriende. #DieLandBehoortAanJou

Posted by Jay du Plessis on Wednesday, August 29, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Niel ·

sjoe… dankie vir die onderskrifte saam met die musiek…
hartseer woorde, en laat mens ook dink

Rina Annandale ·

Sjoe, dis sooo hartroerend mooi…….die woorde en die manne wat dit sing! Is nou so na aan trane! Beslis ‘n groot treffer.

Elna ·

Diep baie diep mooi woorde raak mens aan die hart! Baie dankie aan hierdie fantastiese sangers!!

Moederaarde mooi ·

Sing sing en glo sonder ophou
of darem nie nou,
miskien later
na die Werk kla is.
Dankie

Kalahari Kind ·

Pragtig!!

My hart huil vir ons volk se kindertjies. Wat wag op hulle?

liz ·

Sjoe, dir raak te diep………kan nie wag vir hierdie supersterre se musiek nie.

Alwyn Swanepoel ·

Treffer! Dankie, hoop dit neem De la Rey verby.
“Waar gaan jy speel met jou maatjies?
Waar gaan jou spore toewaai?
Waar gaan jy val, gaan jy opstaan en huil,
en waar gaan jy staar na die sonsak wat myle strek…
Ek los vir jou die son
en die see
en die land my kind.
Belowe jy sal my aan die einde vind.
My vlag sal aanhou waai en die sade sal ek saai vir jou,
en jou veilig hou…”

Danel Pretorius ·

Ek het nog die video gekyk op Twitter ek wil die liedjie he met ‘n seer hart wow dit is ‘n powerful betekenis woorde ek is trots om Afrikaans te wees met Sangers soos die mans

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.