Steve se Kaboemfees

Verskaf aan Maroela Media

Verskaf aan Maroela Media

Na ’n herrie losgebars het ’n paar jaar gelede oor Steve wat by Innibos-fees sy vertoning geëindig het met “Die Stem”, het hy besluit om op eie stoom sy eie fees te aan te bied. Dit kom na die reaksie dat verskeie borge by feeste sou onttrek indien Steve daar sou optree. Verskeie radiostasies het ook op die wa gespring en van Steve se liedjies van hulle speellyste verwyder. Feeste het ook in strepe vertonings van Steve gekanselleer om borge te behou. Volgens Steve is hy geregtig om “Die Stem” te sing en verteenwoordig dit slegs die Afrikaner op ’n kulturele grondslag, alhoewel media en organisasies uit verskeie oorde Steve oor die kole gehaal het dat die sing van “Die Stem” die ou Suid-Afrika verteenwoordig.

Steve se Kaboemfees is egter ’n kulturele fees waarop geen organisasie of beweging sal inslag hê nie. Die fees sal hoofsaaklik klem lê op kultuur, waar Afrikaanse en Boerekultuur interaktief en kreatief aangebied sal word. Tradisionele kos, Afrikaanse en Boeremusiek, Volkspele en Boeredanse, vakmanskap en boerdery, asook handwerk en kunswerk sal die groot fokus wees.

Die FAK is genader om tradisionele FAK-liedjies se woorde aan die publiek in strooibiljetvorm aan te bied sodat daar ’n lekker massa saamsingfees saam die kunstenaars gehou kan word. Die kunstenaars sal hoofsaaklik FAK-liedjies sing.

Die Voortrekkers se betrokkenheid word ook beplan, aangesien die 85ste bestaansjaar van Die Voortrekkers gevier word vanjaar. Hulle sal dan hoofsaaklik die boeresportspeletjies behartig.

Die eerste Kaboemfees word op 26 en 27 Augustus 2016 aangebied te Modimolle, Nylstroom. Die finale kunstenaarslys sal binnekort bekend gemaak word. Kaartjies is bekombaar by Itickets.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

charmaine ·

Goed so Steve! druk die borge n pit. Hulle is ook net uit om hulle sakke vol te stop. Waar n wil is,is n weg. En ek is seker daar gaan duisende mense op ruk.

Carel ·

Puik Steve!!!!!!
En onthou om vir al die borge die video te stuur waar jy die Stem sing. En gee vir ons ‘n lys van die name van daardie borge wat jou geboikot het – ons sal graag wil weet wie om NIE te ondersteun nie. Hoog tyd dat ons die mag van die beursie begin gebruik.

Joann ·

Steve jou doring. Ons sal lewe ons sal sterwe ons vir jou Suid Afrika

Hannes ·

Lekke man Steve gaan Julle met donkie karre ry soontoe.Nkosi

Renée ·

Nee, Hannes sommer met ons eie motors. Om Afrikaans te wees en ons kultuur te koester beteken nie ons is agter die klip nie.

Bosvark ·

Bruce, jy is nie soos my ander laaities nie, jy kan dit nog maak.

John ·

Julle kan seker wees ‘n paar ander ‘brekers’ gaan opdaag wat niks van tiekiedraai af weet nie.

Koos ·

Dis moes nou ‘n kultuurfees in die ware sin van die woord!!! Geen dronkmanstuine, vlooimarkte, afrikaanse sangers wat probeer om Amerikaanse sterre te na-aap, geen links liberale polities korrekte “debatte” of kunsinnige mense wat eintlik mal is nie. Ek bly in die kaap maar eks daar!

Renée ·

Koos net omdat jy nie kunsinnge mense se werk verstaan nie, beteken dit nie hulle is mal nie.

Tiger ·

PRAGTIG STEVE!Ons wag al lank vir so iets!Heng dit maak my sommer BAIE opgewonde!Maar ons MOET ‘n lys kry van borge wat teen jou is sodat ons weet wie om nie te ondersteun met ons geld nie asb!!!En die wat jou wel ondersteun Steve ,moet ordentlik deur ons ondersteun word.

Renée ·

Dis hoe dit gedoen moet word, Steve! Tien uit tien vir jou.

Jean B ·

Dinamiese Afrikaner met ruggraat. Sy soort is ‘n bedreigde spesie. Voorspoed Steve!! Hoop jy kry al die ondersteuning wat jy verdien. Dankie aan Moerala dat jul hom nie gedurig probeer afbreek, soos ‘n sekere mediagroep in hierdie land.

Chris Ws ·

Mooi so STEVE!!Wys hulle ‘n punt ,ons is agter jou.Nou net vir daai lys van besighede wat jou boikot sodat ons HULLE met ons geld kan boikot!Dankie en VOORSPOED!Kan nie wag vir daai fees nie!Sien jou daar!

Lynne ·

Steve Hofmeyer is die “Julius Malema” van die afrikaners – `n regte opstoker – kom by en kyk vorentoe – los die verlede dit is “water under the bridge!!!”

Tiger ·

Lynne,solank jy by die huis bly en nie na Steve se fees toe kom nie is als reg.Jy kan verder maar se net wat jy luskry om te se.Ons is nie gepla nie!Smaak verskil gelukkig.

Joe ·

Lynne waarvan praat jy? Dit gaan hier oor die kultuur van die Afrikaner en niks uit te waai met politiek nie. Wees eerder trots dat daar iemand is wat dit wil laat bly voor bestaan. Sodat jou klein kinders ook sal weet wat kultuur is.

Die duh ·

Lynne , jy gaan seeker EFF stem in die komende verkiesing ? lol

Hannes ·

Lynne jy so reg,Afrikaners is baie slap gat en wil nooit en sal nooit saamstaan Steve word wakker ou jy het probeer unie gebou toe te stap met etol en hoeveel was daar 50 mense,jy is n grap miskien kan ons jou die nuwe stem leer as jy nie kan lees nie.

E ·

Kyk ek verstaan daar is baie slapgat mense in die land, maar ons het geen reg om vinger te wys nie. Ek self luister na oorseese musiek, want smaak verskil maar kom ek se nou vir al die vinger wysertjies, hoeveel cd’s het jul al verkoop? hoeveel movies het jul al gemaak? hoeveel het jul al vir die boere gedoen?
Gaan kyk gerus na Steve se nuwe movie treurgrond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.