Steve se Kaboemfees

steve-hofmeyr-crop

Steve Hofmeyr. Foto: Verskaf.

Nadat ʼn herrie ʼn paar jaar gelede losgebars het toe Steve Hofmeyr sy Innibos-optrede geëindig het met die sing van Die Stem, het hy besluit om op eie stoom sy eie feeste aan te bied. Dit kom nadat verskeie borge by feeste aangedui het dat hulle sou onttrek indien Steve daar sou optree.

Verskeie radiostasies het ook op die wa gespring en van Steve se liedjies van hulle speellyste verwyder. Feeste het ook in strepe vertonings van Steve gekanselleer om borge te behou.

Volgens Steve is hy geregtig om Die Stem te sing en verteenwoordig dit slegs die Afrikaner op ʼn kulturele grondslag, hoewel die media en organisasies uit verskeie oorde Steve oor die kole gehaal het dat die sing van Die Stem die ou Suid-Afrika sou verteenwoordig.

Steve se Kaboemfees is ʼn kulturele fees waarin geen organisasie of beweging inspraak sal hê nie. Die fees sal hoofsaaklik klem lê op kultuur en waarin Afrikaanse en Boere-kultuur interaktief en kreatief aangebied word. Tradisionele kos, Afrikaanse en boeremusiek, volkspele en boeredanse, vakmanskap en boerdery asook handwerk en kunswerk sal die groot fokus wees.

Die FAK is ook genader om van die tradisionele FAK-liedjies se woorde aan die publiek in strooibiljetvorm te bied sodat daar ʼn lekker massa-saamsingfees saam met die kunstenaars gehou kan word. Die kunstenaars wat optree sal hoofsaaklik FAK-liedjies sing.

Om saam te val met die 85ste bestaansjaar van die Voortrekkers sal dié beweging hoofsaaklik die boeresport en speletjies behartig.

Die eerste Kaboemfees word op 26 en 27 Augustus aangebied te Modimolle (Nylstroom). Die finale kunstenaarslys word binnekort bekend gemaak. Kaartjies is bekombaar by www.itickets.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Gesiggie ·

Well Done Steve, so bly dat jy die Toer beplan, en ek weet dat jy in Junie Laeveld toe kom, met my Country hoed en Jeans sal ek jou daar sien, Vergeet nou van die Stem,,, sing Country” Jy Rock…

Rika Lombard ·

You go Steve. Ek hoop jy wys Al die fees te n ding of twee

Thea ·

ek is daar, kan nie wag nie, dit gaan lekker lekker wees
Goed gedoen Steve !!!!!

Maria ·

Wel gedaan ons held. Saam staan ins saam jou en sing “Die Stem” volle bors.

Elsabe ·

ons het akkomodasie beskikbaar vir die wat wil kom kamp oor daai tydperk. karavaan en tent staanplekke klipspringer vakansieplaas te nylstroom

Carien Helberg ·

Ek stel asb belang in kampering vir n karavaan vir daardie naweek asb

Charlotte ·

Mooi gedoen Steve……!!!! Steve vir President!!!!!!!!! Darrem 1 man in SA met ruggraat wat opstaan vir sy medemens!! Alle sterkte en sukses vir jou fees!! Hoop jou fees word die NUWE GROOT IN-DING IN Suid Afrika…..

Kayleen Henning ·

Cant wait for this. Am going to book without a doubt. Looking forward to the “saam sing” as well.
YOU GO STEVE!!!!!! You have my vote!

meronica ·

Ditsem…..n man van sy woord!!!!ek is beslis daar..knap gedaan steve. Jy het my stem op jou lys!!!!

Piet Boer ·

Diskriminasie is darem ‘n lelike ding! Zuma mag dansend sing en skreeu “bring my masjiengeweer”, maar Steve mag nie die Stem sing nie; en dit terwyl ‘n gedeelte van die einste Stem deel is van ons amper 9-talige volkslied!
Begin sommer die fees met die Stem!
As Steve maar net 1 keer op die kieserslys wil verskyn sal hy maar min tyd hê vir konserte hou! GO Steve, daar is baaaaie mense wat dink en voel soos jy!

renet de reuck ·

Steve jy het ruggrraat ons het hope van jou soort nodig

Sune van Heerden ·

Dagsê GC

Die artikel is opgestel deur die FAK en die “saam met” het ongelukkig ongesiens verbygegaan.
Ons bring die wysiging aan.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Uys ·

Ek was nog nie by die “Ini bos”nie.
Steve jou buite die stad fees gaan groot wees en jul gaan oor 5 jaar uit jul nate bars.
Net so na jaareinde puik datum, ons is daar.

Annette Gerber ·

Ons mis dit vir niks in die wereld nie. Sien so uit daarna.

Andre van der Linde ·

Great. Gaan defnitief daar wees. Jammer om jou nie meer by die iinnibos fees te sien nie Steve. Was self daar daardie aand en persoonlik dink ek hulle maak te veel daarvan. Die fees is nie meer dieselfde nie. Ons was baie minder die jaar end die mense het redelik vroeg geloop. Maar gaan weer die jaar. Dit is mos ook ons fees. Besoek dit al van die jaar toe Smokey lewindig daar opgetree het. Ek dink dit het die fees groot gemaak. Sien daarna uit om julle fees by te woon. Daar is n mooi lied met die naam Vaderland wat ons as kinders gesing het by die voortrekkers. Baie jare gelede. Sien jull daar. Cheers.

johann brits ·

Mooi so Steve,’they can’t bring a good man down’ Jy bly vir my ‘n voorbeeld van wat enige volk nodig het-iemand met b …(nou ken ek nie die afrikaans daarvoor nie)

Aubrey ·

Go steve.leer die nuwer wetse afrikaners wat dit is om volkstrots te he.Mag steve vir ewig lewe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.