Steve se nuwe album bereik platinumstatus in 3 weke

Na drie weke wat Steve se Country-album vrygestel is, het dit reeds platinumstatus bereik. Foto: Verskaf

Na drie weke wat Steve se Country-album vrygestel is, het dit reeds platinumstatus bereik. Foto: Verskaf

Steve Hofmeyr se nuwe Country-album, If you could read my mind,  het platinumstatus bereik, slegs drie weke na dié Engelse album uitgereik is. Platinumstatus word verwerf wanneer ’n album 40 000 kopieë verkoop.

“Ek is verstom oor die reaksie wat my mees ontspanne CD tot dusver ontvang het. My bydrae tot Country-musiek is my 28ste album en het platinumstatus bereik in net drie weke. Kersvader neem nuwe bestellings vir Kersfees,” het Steve gespot.

Hy het ook gesê dat dié CD edra aan almal wat na iets mooi en sentimenteel soek in die Kersvakansie.

If you could read my mind is saamgestel uit 15 Country-liedjies wat ou gunstelinge soos “Teach your children”, wat Steve saam met die Coleske broers opgeneem het, insluit.

Vir dié CD het Steve saam met die bekroonde Juan “Floors” Oosthuizen gewerk wat die hele CD opgeneem en vervaardig het.

Die album is landswyd beskikbaar by alle musiekwinkels en kan ook op iTunes afgelaai word.

Luister ook hier na Steve wat gesels oor die snitte van die album.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Suzy ·

Stem saam met jou. GO Steve GO !!!! jy bly die beste . Baie geluk met jou pragtige nuwe cd , mal daaroor .
Laat die wat wilskinder maar skinder en lekker kry . Jy druk hulle elke keer net n put !!!!!!

Suzy ·

Stem saam met jou. GO Steve GO !!!! jy bly die beste . Baie geluk met jou pragtige nuwe cd , mal daaroor .
Laat die wat wilskinder maar skinder en lekker kry . Jy druk hulle elke keer net n put !!!!!!

Melt Olckers ·

Dit wys jou. Ek is nie ‘n Steve aanhanger nie. Dit is nie my tipe musiek nie. Tog ten spyte van al die haters wat teen Steve uitgevaar het en al die vals beskuldigings en dreigemente van boikot is Steve nogsteeds ‘n populere sanger. Wegedaan en baie geluk Steve. Jy het nie die haters of hulle welwillendheid nodig nie. Al is ek nie ‘n aanhanger nie, sal ek tog jou cds as geskenke koop vir ander mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.