Stille nag, heilige nag

Stille nag, heilige nag
Alles rus; eensaam wag
Slegs Maria, geseënde vrou,
By haar Kindjie met Josef so trou:
Soete, hemelse rus!
Soete, hemelse rus!

Stille nag, heilige nag,
Oor die veld, lief en sag,
Klink die lied van die engelekoor,
Eers deur herders dan verder gehoor:
Juig, die Redder is daar!
Juig, die Redder is daar!

Stille nag, heilige nag,
Jesuskind, vriend’lik lag
Liefde teer uit ‘n godlike mond;
Tans daag heerlik die vrywordingstond:
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.