In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top‑20 is daar vier snitte wat styg, ses wat daal en agt wat onveranderd bly en twee liedjies wat die week se top-20 betree.
Die Afrikaanse rockgroep, Straatligkinders, se laaste album het in 2012 verskyn, maar verlede jaar het die hoofsanger, Bouwer Bosch, aanhangers verbaas toe dié groep weer nuwe asem in die alternatiewe Afrikaanse mark geblaas het met hul jongste album, Verdwyn.
Die eerste snit vanaf dié album, “Wonder”, betree vandeesweek se top-20 op nommer 16. Early B maak ook vandeesweek sy verskyning op die top-20 as gevolg van sy gewildheid op aanlyn-aflaaiplatforms met “Potte”.
Demi Lee Moore van Die Kontrak-faam behou haar nommer een‑posisie met “Mis eet slaap herhaal”.
- Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
- Refentse – “Liefdegenerasie”
- Jay & Lianie May – “Siekverlief”
- Ivan Roux – “Daai ding”
- Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
- Manie Jackson – “Donker hart”
- Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
- Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
- Refentse – “Reisiger”
- 4 Werke – “Hart”
- Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
- Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
- Jay – “Lê ’n bietjie langer”
- Leah – “Ek mag jou mis”
- Tarryn Lamb – “Vier woorde”
- Straatligkinders – “Wonder”
- Corlea – “Breek my hart”
- Verskeie kunstenaars (Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld & Rohan du Toit) – “Die land”
- Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
- Jo Black – “Een klein klippie”