Straatligkinders maak debuut op Afrikaanse top-20

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top‑20 is daar vier snitte wat styg, ses wat daal en agt wat onveranderd bly en twee liedjies wat die week se top-20 betree.

Die Afrikaanse rockgroep, Straatligkinders, se laaste album het in 2012 verskyn, maar verlede jaar het die hoofsanger, Bouwer Bosch, aanhangers verbaas toe dié groep weer nuwe asem in die alternatiewe Afrikaanse mark geblaas het met hul jongste album, Verdwyn.

Die eerste snit vanaf dié album, “Wonder”, betree vandeesweek se top-20 op nommer 16. Early B maak ook vandeesweek sy verskyning op die top-20 as gevolg van sy gewildheid op aanlyn-aflaaiplatforms met “Potte”.

Demi Lee Moore van Die Kontrak-faam behou haar nommer een‑posisie met “Mis eet slaap herhaal”.

  1. Demi Lee Moore – Mis eet slaap herhaal
  2. Refentse – Liefdegenerasie
  3. Jay & Lianie May – Siekverlief
  4. Ivan Roux – “Daai ding
  5. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene
  6. Manie Jackson – Donker hart
  7. Tarryn Lamb – Mal oor jou
  8. Dirk van der Westhuizen – Sexy vi my
  9. Refentse – Reisiger
  10. 4 Werke – Hart
  11. Brendan Peyper – Jy laat dit maklik lyk
  12. Dewald Wasserfall – Nuwe begin
  13. Jay – Lê ’n bietjie langer
  14. Leah – Ek mag jou mis
  15. Tarryn Lamb – Vier woorde
  16. Straatligkinders – Wonder
  17. Corlea – Breek my hart
  18. Verskeie kunstenaars (Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld & Rohan du Toit) – Die land
  19. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – Potte
  20. Jo Black – Een klein klippie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.