String

6 Snare

Die Ses Snare is hier om te bly! Na die vrystelling en sukses in 2009 van hul debuut CD & DVD, suksesvolle verkope en uitverkoopte vertonings regoor Suid-Afrika het die manne vir almal bewys dat hulle nog lank nie hul aanhangers vaarwel gaan toeroep nie. Ses kitare is tog beter as een – en veral as dit ses talentvolle kunstenaars is wat meesterkitaarspelers in eie reg is.

Die Ses Snare wyk op hierdie nuwe CD nie af van hulle suksesvolle resep nie, maar sorg wel vir ‘n paar verrassings!. Pieter Smith wat geen onbekende in die Suid-Afrikaanse musiekindsutrie is nie sluit by hulle aan en vind sy plek gemaklik tussen al die ander snare. Vernuftige musikante en liedjieskrywers soos MD Greyling Clint Cunningham gooi ook hul gewig in en dinge begin kook! Mathys Roets, Mel Botes, Blackie Swart, Leon Ecroignard, Thean Kotze en Wouter van de Venter het die afgelope twee jaar een van die suksesverhale in ons plaaslike musiekbedryf geword. Die ses musikante is dalk baie uiteenlopend, maar sit hulle saam op die verhoog en jy het kookwater! Pieter, MD en Clint gooi hulle volle gewig in en verseker dat jy altyd ses van die bestes te sien sal kry!

Die vertoning is nuut en vars en spog byvoorbeeld met oorspronklike werke van Blackie Swart – Cactus Jack, Wouter van de Venter – Legende van die Ses Snare, Leon Ecroignard – Issie Lussie, Mathys Roets – For example en lekker bekende nommers soos Delilah en Handle me with care. Hierdie gesoute virtuose lok vol sale dwarsoor die land en is ‘n groot trekpleister by al die plaaslike kunstefeeste. Die Snare het ook einde Junie klaar gemaak met n reeks suksesvolle konserte by die Barnyard Teaters in Gauteng waar hulle telkemale uitverkoop het. Hulle het voorwaar ’n besige 6 maande voor hulle en die vrystelling van hulle nuwe album dui net weer daarop dat Suid-Afrika van die beste musikante ter wereld het! Weereens is hier nie sprake van een kunstenaar wat die kollig bo ‘n ander steel nie, elkeen kry die reg om sy slag met die kitaar en agter die mikrofoon te wys. Met hulle eerste album “Ses Snare Live @ The Performer Theatre” is hulle benoem vir ’n SAMA. Hierdie tweede album, String, het pas deurgebreek, na slegs 2 maande en pryk tans op Musica se Top 20! (Storm Rekordz)

Speellys

  1. Legende van die Ses Snare
  2. Issie Lussie
  3. Pistol Saloon
  4. For Example
  5. Engel
  6. Handle me with care
  7. Fotostories
  8. Plekkie by die see
  9. Free Electric Band
  10. Delilah
  11. Cactus Jack
  12. Brood op die water
  13. Bietjie van my
  14. Neh nah nah
  15. Abba Medley (Chiquitita, Does your mother know, Knowing me knowing you, SOS, Fernando)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.