Stywe lyne

Zak van Nierkerk

Zak van Niekerk het geen bekendstelling nodig nie. Zak is die man wat van Lekkerkry; Byt My, Tommy Dippenaar en vele ander treffers volksbesit gemaak het. Hierdie grapjas sorg dat elke partytjie in ‘n behoorlike opskop ontaard en laat jou lag dat die trane loop as hy eers sy stories met smaak begin vertel. Zak is terug met ‘n splinternuwe CD, Stywe Lyne, vol visvang treffers geskryf deur nuwe jong skryf talent in Suid Afrika, asook ou gunstelinge van Buddy Vaughn. Die CD sluit nuwe treffers in soos Ek gaan haar mis; Stywe Lyne; Brandewynbaai en vele ander. Zak het self ook ‘n snit, Rooivleis, geskryf.

Liedjieskrywer wat bygedra het tot die nuutste produk van Zak van Niekerk se Stywe Lyne is: Andre M; Leon Gropp enTony Ridgway. Jasper van Rensburg Snr en Jnr was die manne agter die skerms wat al die verwerkings en programmering hanteer het en Zak en Johan Scott die uitvoerende regisseurs. Zak se 1ste CD, Lekkerkry sowel as sy DVD, Zak maak Twak het platinum status bereik, met Byt My, Oe Na Na, Ramkat en Gatskop in die Baai ver oor die goue status kerf en ook sterk oppad na platinum status.

Stywe Lyne is beslis een van Zak se lekkerste luister CD’s nog en gaan lekker hard langs die viswaters kuiervuurtjie gespeel word! Soos Zak sê: “Vat vas” en speel hierdie een ekstra hard, sodat die bure ook kan saam luister! (Leo Musiek)

Speellys

  1. Ek gaan haar mis
  2. Voert voert meneer
  3. Stywe Lyne
  4. Hartbeespoortdam
  5. Brei die Bulletjie
  6. Dan kom hy weer
  7. Haai Tiekie
  8. Ek baklei vir my spot
  9. Rooivleis
  10. Brandewynbaai
  11. Fanie hoekom is jou lyn so styf
  12. Rooiwyn & Vislyn
  13. Langs die Rietvleidam
  14. Polisieman
  15. Hoor wat sê die seeman

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.