Die Suid-Afrikaanse fluitspeler en komponis, Wouter Kellerman het gister tydens die 57ste Grammy-toekennings weggestap met die prys vir die beste New Age-album van die jaar, Winds of Samsara.
Die 2015 Grammy-toekennings is gister in Los Angeles in Kalifornië gehou. Sam Smith het ook behoorlik die toekennings ingepalm vir opname van die jaar (Stay with me), liedjie van die jaar (Stay with me), beste nuwe kunstenaar en beste pop vocal-album.
Beck het weggestap met die toekenning vir beste rock-album asook album van die jaar vir Morning Phase.
Klik hier vir ʼn volledige lys van wenners.
Loer gerus hier na die video vir Sam Smith se treffer Stay with me.