Tarryn en Willem betree Top-20

Tarryn Lamb en Willem Botha se splinternuwe duet, “ʼn Liefde soos dié”, skuif in op Maroela Media se Afrikaanse Top-20 in die 20ste posisie.

Brendan Peyper se kongste enkelsnit, “Sterk soos ’n leeu”, neem dié week die no. 12-posisie in. Hy het in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel dié snit handel oor hoe hy homself moet ontdek nadat hy vir lank afgeknou is.

Appel se lied “Nonna” kraai vir die vierde week koning in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar een splinternuwe toetrede, sewe snitte wat styg, 11 wat daal en een wat onveranderd bly.

  1. Appel – “Nonna”
  2. Biggy – “Dames”
  3. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  4. Snotkop – “Pens & pootjies”
  5. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  6. Refentse – “What a boytjie”
  7. Spoegwolf – “Seile”
  8. Riana Nel – “Sterker”
  9. Brendan Peyper, Elandré, Refentse & Christia Visser – “Ons maak saak”
  10. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  11. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  12. Brendan Peyper – “Sterk soos ’n leeu”
  13. Bok van Blerk – “Was”
  14. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  15. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  16. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  17. Juanita du Plessis – “Maak dit los!”
  18. Tasché & Francois van Coke – “Vier seisoene kind”
  19. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  20. Tarryn Lamb & Willem Botha – “’n Liefde soos dié”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michiel ·

Hoe hou maroela media ‘n top 20 by, want daar is geen Maroela media afspeellyst op Apple Music.

Chrizaan ·

Kan ons dalk ‘n running order kry van hoe lank sekere liedjies al op die lys is? N Voorstel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.