Tasché kraai koning op Top-20

Jacques Leonard. (Foto: Cobus Labuschagne)

Elrine Lottino het tydens die pandemie haar passie vir sing en liedjieskryf in veral haar moedertaal, Afrikaans, herontdek.

“Ek het teruggekeer na die plek waar alles vir my as musikant begin het, en my kreatiwiteit en passie vir sing en liedjieskryf. Dit voel of ek nou vir die eerste keer in ʼn lang ruk weer op ʼn goeie plek is om musiek te maak.”

“By die huis” is geskryf deur Elrine en vervaardig deur Johan Rautenbach.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Ray Dylan en Piet Farrel se “Laaste groet” en Jacques Leonard se “Haar hart”.

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Tasché. (Foto: Jaco S. Venter)

Tasché, wenner van The Voice SA in 2019, neem vandeesweek die no. 1-posisie in. Dié liedjie was die afgelope week in die 18de plek op Spotify se “top-50-viral-lys”, wat alle tale en genres in Suid-Afrika insluit. Irene-Louise van Wyk het ook op dié lys in die 21ste posisie verskyn.

Irene-Louise is vandeesweek in die derde plek met “Tekkies brand”. Riaan Benadé se “Vat ʼn bietjie” beklee steeds die tweede posisie.

Elvis Blue se “Meer as genoeg” klim met sewe plekke na die sewende posisie. Die lied was veral gewild onder luisteraars wat die snit eerder wou koop as om dit te stroom.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg, nege wat daal en drie wat onveranderd bly.

  1. Tasché – “Baby, ek bly”
  2. Riaan Benade – “Vat ʼn bietjie”
  3. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  4. Bernice West – “Hemel op aarde”
  5. Appel – “Dina”
  6. Riaan Benade – “Spontaan”
  7. Elvis Blue – “Meer as genoeg”
  8. Appel – “Boerenooi”
  9. Rooksein – “Damlelielief”
  10. Steve Hofmeyr & Touch of Class – “ʼn Pa se hart”
  11. Franja du Plessis – “Bring dit”
  12. Kurt Darren – “Block party”
  13. Christia Visser – “Kaapse blou”
  14. Brendan Peyper – “Warm nog op”
  15. Spoegwolf – “Silwer”
  16. Dirk van der Westhuizen – “Roekeloos”
  17. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  18. Francois van Coke – “Ons het gewen”
  19. Jan Jan Jan met Liezel Pieters – “Spyskaart”
  20. Georic Lomas – “Lentekind”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.