‘The Voice’-deelnemers sing volkslied by rugbytoernooie

Richard Stirton sluit die reeks af by die Nelson Mandelabaai-stadion (25 Junie) Foto: Facebook via Richard Stirton

Richard Stirton sluit die reeks af by die Nelson Mandelabaai-stadion (25 Junie) Foto: Facebook via Richard Stirton

Vier van die deelnemers van die gewilde The Voice-sangkompetisie gaan eersdaags op die rugbyveld pronk om die volkslied te sing vir die rugbytoernooie tussen die Springbokke en Ierland.

Richard Stirton, Lana Crowster, Vernon Barnard, Gavin Edwards van The Voice en die nuwe Kaapstadse sanger Nathan Hendricks, gaan vir dié wedstryde onderskeidelik in Johannesburg, Port Elizabeth en Kaapstad sing.

Lana, wat ʼn gewilde deelnemer in die kompetisie was, het die afgelope naweek die volkslied, Nkosi Sikelel’ iAfrika, by Nuweland gesing. Aanhangers kan Vernon by die toets by Emirates Airline Park (18 Junie) verwag, en Richard gaan die reeks afsluit by die Nelson Mandelabaai-stadion (25 Junie).

Gavin, wat voorheen saam met die Ierse rocker Brian McFadden gewerk het, gaan ook in Kaapstad sing en Nathan saam met Richard in Port Elizabeth. Jurie Roux, SA Rugby se uitvoerende hoof, het gesê die organisasie is trots daarop om die The Voice-deelnemers te betrek en te verwelkom.

“Ons het voorheen baie gevestigde kunstenaars en sterre gehad wat ons volkslied by die toernooi gesing het. Dit is vir ons ʼn voorreg en ons is trots daarop,” het hy gesê. “Dit is wonderlik om ’n nuwe geslag van sangers te hê wat bydra tot ons toets-ervaring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lance ·

Jammer die bokkies verloor toe eerste keer in geskiedenis teen Ierland op SA bodem ….hehe kotas werk nou mooi man …luvly hehe

JT ·

Was verlede week uit my vel toe ek Almur op RSG hoor sing het. Kan nie wag om ‘n cd van hom te koop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.